Motorsport: Die Suid-Afrikaner Brad Binder, wat tans sy swakste seisoen in MotoGP ondervind sedert sy buiging in 2020, sê hy is vasberade om hierdie seioen sterk te eindig. Die renjaer van Red Bull KTM is tans in die 11de plek met slegs 118 punte, met nog vier wedrenne oor. Hy…
Unam se vise-kanselier professor Kenneth Matengu het sy hoofrede van die universiteit vanoggend gelewer. Hy het 'n oorsig van die universiteit se bedrywighede gegee. Vroue neem die voortou by die universiteit met 63 persent, amper 17 000 van die studentetal, wat vroulik is.
AfriForum het owerhede versoek om diegene wat verantwoordelik is vir onwettige mynbou naby die Krugerwildtuin te beboet. Die burgerregtegroep sê die ongemagtigde boorwerk op grond van die Tenbosch-, Turfbelt- en Tecklenburg Ranch het reeds ernstige omgewingskade veroorsaak. Lambert de Klerk van AfriForum eis dat die regering binne 30 dae moet…
Die Jeugafdeling van die Vryheidsfront Plus Jeug sê die ANC en EFF se rasgebaseerde retoriek veroorsaak onrus en geweld op universiteitskampusse. Dit volg na betogings by die Universiteit van die Vrystaat oor bewerings dat die nuwe finansiële beleid volgens ras diskrimineer. VF Plus-jeugleier Chriszaan du Plessis sê die beleid is…
Die Wêreld Meteorologiese Organisasie sê koolstofdioksied-vlakke in die atmosfeer het in 2024 rekordhoogtes bereik wat tot langtermyn-temperatuurstygings kan lei. Van 2023 tot 2024 het die wêreld se gemiddelde koolstofdioksied-konsentrasie met 3,5 dele per miljoen toegeneem. Dis die grootste styging sedert moderne meting in 1957 begin het. ʼn Woordvoerder van die…
Goeie nuus vir dié wat ook sat is vir Natis se lang rye. Die minister van werke en vervoer, Veikko Nekundi, het in die Nasionale Vergadering aangekondig dat Natis-dienste aanlyn aangebied sal word. Daar sal ook steeds inloop-dienste wees, om lede van die publiek te akkommodeer wat nie internet-verbindings het…
Namibië is onder 16 lande wie se MIV- en Vigs-programme sal baat vind by befondsing van die Amerikaanse Sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming. Dit is aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig deur Penda Ithindi, die uitvoerende direkteur by die ministerie van gesondheid. Suid-Afrikaanse amptenare het ook bevestig dat die land 2…
Die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad het aangekondig dat die pryse van oorplaatjies styg. Boere word in kennis gestel van die prysverandering vanaf 1 November. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Anja Boshoff gepraat wat die redes vir die verhoging gee.
Die VN-Veiligheidsraadresolusie 1325 vier sy 25ste jaar. Die resolusie, wat in Oktober 2000 onder Namibië se presidentskap van die VN-Veiligheidsraad aangeneem is, was die eerste resolusie wat die onontbeerlike rol wat vroue speel in konflikvoorkoming, vredesbou en heropbou na konflik erken het. Rosalia Uushona die hoofbeampte vir buitelandse betrekkinge van…
President Cyril Ramaphosa het die inspekteur-generaal van Intelligensie, Imtiaz Fazel, met onmiddellike ingang geskors, hangende ʼn ondersoek na Fazel se gedrag deur die parlementêre gesamentlike komitee oor Intelligensie. Ramaphosa het hom in 2022 aangestel ná sy benoeming deur die Nasionale Vergadering. Die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa se skorsing…
Die lugvaartsektor het in Julie vanjaar 'n skerp herstel beleef, met algehele passasiersbeweging wat met 15,4 persent gestyg het, vergeleke met 'n afname van 5,7 persent in Junie. Meer as 103 070 passasiers het in Julie by die land se lughawens aangekom en vertrek, teenoor 89 292 in Junie. Dit…
Die president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, Danny Jordaan, sê dis 'n uitdaging om 'n opvolger te vind vir Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, wat ná volgende jaar se Wêreldbekertoernooi gaan uittree. Jordaan het gepraat na Bafana se oorwinning van 3-0 oor Rwanda waarmee hy vir die toernooi gekwalifiseer het…
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, doen 'n beroep op die wêreld om voedselstelsels te skep wat mense voed en die planeet beskerm. Vandag is Wêreldvoedseldag onder die tema Hand aan hand vir Beter Kos en 'n Beter Toekoms - 'n oproep tot solidariteit oor grense, sektore en…
Die Vereniging van Uitsaaiveterane is besig om leerlinge by skole die tegniese vaardighede van die omroepwese te leer. Die groep het al suksesvol by Windhoek Gimnasium opleiding gedoen en 'n skool-radiostasie is gestig. Windhoek Afrikaans Privaatskool kan ook nou spog met hul eie vaardighede en radiostasie. Mareth Van Schalkwyk, 'n…
Amerika se minister van Verdediging, Pete Hegseth, vra vrede deur mag om die konflik in Oekraïne te beëindig, en dat Rusland sy onnodige bloedvergieting staak. Navo se ministers van Verdediging wat reeds meer hommeltuie aan Oekraïne beloof het, het gister in Brussel vergader. Hegseth sê as daar op die kort…
Die jaar wat was word al onder die loep geneem. Volgens 'n Cirrus ontleding was 2025 a chaotiese jaar met oorlog aan die voorgrond. Ten spyte daarvan is daar 'n paar hoogtepunte oor die jaar. As Trump se Gaza-vredesplan slaag sal oliepryse na verwagting verder daal, maar goud ook. Kosmos…
Die voormalige bevelvoerder van Vlakplaas, Eugene de Kock, sal nie in die geregtelike ondersoek na die dood van die Cradock Vier getuig nie weens swak gesondheid. Die Hooggeregshof in Gqeberha het sy verhoor hervat na die moord op die anti-apartheidsaktiviste Matthew Goniwe, Fort Calata, Sicelo Mhlauli en Sparrow Mkhonto in…
Die Keniaanse president, William Ruto, het Kabinetsekretaris, Musalia Mudavadi, na Indië gestuur om toesig te hou oor die repatriasie van voormalige eerste minister Raila Odinga se liggaam, ná sy dood Woensdag in Kochi. Ruto sê Indië sal op Kenia se versoek met die proses help. Die afvaardiging sluit verskeie kabinetsekretarisse…
16 Oct 2025 1AM
1 min
2172 – 2192
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.