Rehoboth en dwelms onder die loep

Loading player...
Nadat vyf mense op dwelmverwante aanklagte in hegtenis geneem is, is die dorp Rehoboth onder ondersoek geplaas vir dwelmgebruik. Naomi Fisch en haar kêrel, Steven Schneiders, is onder diegene wat aangehou is. Rehoboth inwoners beweer dat dwelmbase en dwelmmisbruik op die dorp floreer. Rehoboth is een van die top dorpe vir dwelmgebruik en -handel, volgens die polisie. Die borgaansoek van Fisch en haar trawante is steeds in die hof. Gemeenskapsaktivis, Manfred Draghoender vra weereens gemeenskapslede moet in groot getalle opruk. Hy spreek ook sy kommer vir die jeug van Rehoboth uit.
12 Jan 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min