Ons besope jeug: Meer nodig as net verhoging in wettige ouderdom

Loading player...
Die debat oor alkoholregulering is weer in die nuus. Die lobbygroep Gatekeepers South Africa doen 'n beroep in die buurland op die verhoging van die wettige drinkouderdom van 18 tot so hoog as 21 of 23, tesame met 'n verbod op alkoholadvertensies in openbare ruimtes en strenger strawwe vir drankwinkels wat minderjariges toelaat om te drink. Die plaaslike gemeenskapsaktivis Alex Uapingene het egter aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hoewel die verhoging van die ouderdom jongmense kan help beskerm, dit gerugsteun moet word deur breër maatskaplike ondersteuning, insluitend werkskepping, geestesgesondheidsdienste en 'n universele basiese inkomstetoelaag.
11 Jan 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min