Die Konstruksie Industrie-federasie van Namibië is tans besig om 'n infrastruktuur ontwikkelingsforum in Lüderitz te hou. Die idee agter die forum is om die konstruksie bedryf bewus te maak van al die geleenthede vir die industrie tydens die ontwikkeling van die dorp. Lüderitz word verwag om in die volgende paar…
Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu het by 'n gedenkdiens vir slagoffers van die Hamas-geleide aanval op 7 Oktober 2023 gesê dat hy vasbeslote is om te verseker dat die oorskot van gyselaars in Gaza oorhandig word. Dit was nadat Hamas die liggame van nog twee gyselaars teruggegee het, maar gesê…
Die African United Borders Bus Trucks Association doen 'n beroep op president Cyril Ramaphosa om 'n proklamasie te onderteken vir 'n ondersoek na die onwettige bedrywighede van oorgrens-busse. Dit volg nadat 'n busongeluk Sondag op die N1 naby Louis Trichardt 43 lewens geëis het, met die meeste van die passasiers…
Die prys van goud styg steeds en verhandel net bo 4 300 Amerikaanse dollar per fynons, aangedryf deur ‘n swakker dollar, wat in die afgelope ses maande met amper 8 persent geval het, en onsekere geopolitiek. Deutsche Welle het met Sandra Navidi, een van die bekendste konsultante in internasionale finansies…
Die Landdroskommissie van Namibië sê die aanstelling van 27 tydelike landdrosposte is daarop gemik om die agterstand in sake te verlig en die doeltreffendheid van die regsproses te verbeter. Daar was kritiek omdat permanente landdroste as tydelike landdroste wou optree maar, dan moes hulle bedank. Regbankwoordvoerder Victoria Hango het aan…
Die Gautengse Onderwysdepartement sê hy is bekommerd oor die misleidende storie in ʼn nasionale publikasie met die opskrif: “Hunger Stalks Gauteng Pupils”. Die saak hou verband met een diensverskaffer in die Nasionale Skoolvoedingsprogram in Tembisa, Ekurhuleni. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê hy het Woensdag kennis geneem dat een…
Die Shoprite-groep het 'n effense verbetering in Suid-Afrika se voedselsekerheid vir die jaar gerapporteer. Volgens sy onafhanklik-saamgestelde Suid-Afrikaanse voedselsekerheidsindeks het dit landwyd tot 56,4 punte gestyg, teenoor 44,9 punte verlede jaar. Terwyl die meeste provinsies winste aangeteken het, het die Oos-Kaap agtergebly, en huishoudings met vroue aan die hoof bly…
Roar Namibia, 'n aanlyn gebedsgroep, begin vandag vier aande van gebed. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het groeplid Liesel Venter gesê die sessies sal gewy word aan gebed vir die land se kinders. Sy sê dat baie kinders by 'n kruispad is en ernstige uitdagings soos dwelm- en…
Die One Economy Foundation, deur sy geassosieerde programme, die #BeFree-beweging en die #BreakFree Anti-Violence-veldtog, bied vandag die eerste SparkRx Jeuggesondheid-innoveringsberaad aan. Die inisiatief, wat plaasvind by die #BeFree Jeugkampus Spark-saal in Windhoek, sal regeringsleiers, jeuginnoveerders, akademici en die burgerlike samelewing bymekaarbring om die kruispunt van geslagsgeweld en vrouemoord, seksuele en…
Die geslagsgelykheid- en kinderwelsynministerie heroorweeg die beleid wat 15 Namibiese dollar per meisie per jaar vir sanitêre doekies toeken. Lynminister Emma Kantema-Gaomas het in die parlement gesê dat die ministerie saam met die ministeries van onderwys en finansies gaan werk om te kyk hoe om beide meisies en seuns die…
NamPost se uitrol van toelaagbetalings het deurgeloop onder skerp kritiek, na pensioenarisse ure in die son moes staan, sonder toiletgeriewe of water. In die Epupa-kiesafdeling moes bejaardes twee dae wag en sommiges is steeds nie betaal nie, en in Rundu en Okahandja was daar ook reuse-uitdagings. Kosmos 94.1 Nuus het…
Die polisieminister, Senzo Mchunu, het aan die Parlement se ad hoc-komitee gesê dat hy het eers bewus geraak van die besonderhede rondom die taakspan vir politieke moorde nadat hy verlede jaar sy ampstermyn begin het. Mchunu het aan die komitee wat korrupsie in die strafregstelsel ondersoek, gesê dat hy teen…
Amerikaanse president Donald Trump het Donderdagaand op sy Truth Social sosiale media-platform geskryf dat hy 'n telefoongesprek met Russiese president Vladimir Putin gehad het, en dat hulle in Hongarye sal ontmoet vir meer samesprekings oor die beëindiging van die oorlog in Oekraïne. Die gesprek was voordat die Oekraïnse president Volodymyr…
Wydverspreide veldbrande wat onlangs weivelde in die Otamanzi-kiesafdeling van die Omusati-streek verwoes het, is onder beheer gebring, maar plaaslike veeboere staar nou 'n ernstige weidingskrisis in die gesig. Die brand, wat van Etosha Nasionale Park na dele van die Omusati- en Oshana-streke versprei het, het groot stukke weiveld vernietig en…
Die DA verwelkom die ondertekening van ʼn belangrike steenvrugte-handelsprotokol tussen Suid-Afrika en China en sê dis ʼn deurbraak vir die landbousektor. Die ooreenkoms maak die Chinese mark toeganklik vir vyf soorte Suid-Afrikaanse steenvrugte, naamlik appelkose, perskes, nektariens, pruime en pruimedante. Willie Aucamp van die DA sê oop deure na Asië…
Vrydag en Saterdag sal die Nasionale Teater van Namibië die wêreldpremière van die Namibies-Duitse musiekteaterproduksie, People of Song, aanbied. Die produksie, wat ook deel vorm van die 25ste herdenking van die tweelingverbond van Windhoek en Berlyn, beoog om die verhaal van koloniale geskiedenis te vertel deur 'n storie wat stemme…
Die nominasies vir kandidate vir die streeks- en plaaslike owerhede-verkiesings het vanoggend om 11-uur gesluit. Die nominasies vir onafhanlike kandidate het reeds die 14de gesluit. Kosmos 94.1 Nuus het met De Wet Siluka, die woordvoerder van die Verkiesingkommissie gepraat.
Reaksie word ontvang op die geestesgesondheid-wetsontwerp wat in die Nasionale Vergadering ingedien is. Die Swapo-parlementslid Sharonice Busch het in 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die wetsontwerp insette en ondersteuning van almal benodig om 'n omvattende wet te word. Dit is aangesien daar gepoog word om te verseker…
Die Eurobond wat Namibië in 2015 van die Europese Sentrale Bank ontvang het gaan op 29 Oktober verval. Die nodige 13,5 miljard Namibiese dollar is ingesamel om die skuld te vereffen. Tydens die rentekoersaankondiging het die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab, meer inligting gegee.
16 Oct 2025 8AM
1 min
2152 – 2172
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.