Die jongste syfers deur Statistieke Suid-Afrika toon 'n toename in ondernemings wat misluk. Totale likwidasies het in September met byna 24-persent gestyg vergeleke met verlede jaar. Maatskappylikwidasies het met 16 gevalle toegeneem, en beslote korporasies met 12. Onica Mushwana van Stats SA sê die eerste nege maande van die jaar…
Die dodetal styg steeds waar Orkaan Melissa 'n pad van vernietiging in die Karibiese eilande gelaat het. Orkaan Melissa, nou 'n Kategorie 1 storm, spoed deur die Bahamas met gepaardgaande swaar reën en verwoestende winde. Die owerheid in Jamaika het vier lyke gevind en ten minste 23 mense, tien van…
Die Rehoboth Baster-gemeenskap is vandag in die Hooggeregshof vir hul appèl oor die betwiste Baster-kapteinskapverkiesing. Dit volg op 'n uitspraak deur regter Orben Sibeya, wat Rynault van Wyk se aansoek van die hand gewys het met die argument dat dit op 'n herroepe voorvaderlike wet staatmaak. Maar die gemeenskap sê…
China se groeiende aptyt vir Namibiese beesvleis kan die vraag tot 20 000 ton per maand laat styg, maar kenners waarsku dat produksie nie tred sal kan hou nie. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het landboukenner Wallie Roux gesê Namibië, die droogste Afrika-land suid van die Sahara, staar…
Na verskeie klagtes van kliënte het Telecom Namibia bevestig dat sommige iWay-e-posdienste onderbroke toegang en stadige werkverrigting ondervind. Uitvoerende hoof dr. Stanley Shanapinda het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die probleem veroorsaak is deur onlangse kragverwante voorvalle. Hy sê daar is geen presiese tydsraamwerk vir wanneer die dienste ten…
’n Groot uitbreking van Afrika-treksprinkane is in die Zambezi-streek aangemeld, wat minstens agt vloedvlaktegebiede affekteer. Landbouminister Inge Zamwaani het die uitbreking in die Nasionale Vergadering aangekondig en gesê die vloedvlaktes van Muyako en Masokotwani is bekende broeiplekke vir die spesie. Die ministerie het spanne ontplooi om spuitoperasies in die geaffekteerde…
Die UDM sê president Cyril Ramaphosa se viering van Suid-Afrika se verwydering van die Finansiële Aksietaakmag se gryslys ignoreer die werklikheid. Die adjunkpresident van die UDM, Nqabayomzi Kwankwa, sê terwyl die president tegniese voldoening en beleggersvertroue prys, staar miljoene Suid-Afrikaners honger, werkloosheid en vrees in die gesig. Hy sê tegniese…
Die Chinese ambassade het hulle jaarlikse media vergadering gehou saam met die Chinese ambasadeur, Zhao Weiping. Op die agenda was Namibië en China se bilaterale vennootskap, met China wat hoop om die bande te versterk. Weiping sê dat meer Chinese maatskappye belangstel om in Namibië te belê.
Ten minste 104 mense waaronder 46 kinders is oornag dood in Israelse lugaanvalle in Gaza. Dit volg nadat eerste minister Benjamin Netanyahu die weermag opdrag gegee het om onmiddellik verskerpte aanvalle uit te voer. Hy beskuldig Hamas van die dood van 'n soldaat en die kamma-ontdekking van 'n gyselaar se…
Die Namibiese rugbyspan sal Saterdag teen Suid-Afrika se Sanlam Boland Kavaliers in Malmesbury in die Wes-Kaap in ‘n finale wedstryd speel, voor die span na Dubai vertrek in sy laaste poging om vir die 2027 Wêreldbeker te kwalifiseer. Die toernooi in Dubai vind plaas van 8 tot 18 November by…
Die bekende wildveearts, dr. Ulf Tubbesing van Wildlife Vets Namibia, is genomineer vir die 2025 Worldwide Vets Golden Star-toekenning. Die jaarlikse toekenning erken individue vir hul bydraes tot dierewelsyn of -bewaring. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Tubbesing gesê die nominasie is 'n verrassing.
Reaksie word ontvang op die nuus dat die vervoerministerie het die aankoop van 20 Toyota Land Cruiser Prado-voertuie ter waarde van meer as 24 miljoen Namibiese dollar vir openbare amptenare bevestig, maar nie almal is beïndruk nie. Die Republikeinse Party van Namibië het die skuif as verkwistende uitgawes bestempel. Partyleier…
Namibië het amptelik sy Euro-obligasie van 750 miljoen Amerikaanse dollar, ongeveer 13,5 miljard Namibiese dollar, terugbetaal. Die aankondiging is vandag gemaak deur die minister van finansies, Ericah Shafudah, wat bevestig het dat die regering die meerderheid van die vereiste fondse verseker het. Die oorblywende 6 miljard dollar is gefinansier deur…
Die ministerie van binnelandse sake het aangekondig dat aansoeke vir studiepermitte vir die 2026 akademiese jaar op 3 November sal open en op 20 Maart 2026 sal sluit. Alle buitelandse studente wat in Namibië studeer, of beplan om te studeer, word versoek om binne hierdie tydperk aansoek te doen. Geen…
Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hy het volle vertroue in die stut Zachary Porthen. Die 21-jarige is gereed om Saterdag die eerste keer vir Suid-Afrika uit te draf in die toets teen Japan op Wembley in Londen. Die voormalige SA Onder-20-kaptein het slegs in vyf senior wedstryde vir die Stormers…
Die Mariental munisipaliteit het sy Informele Nedersetting Opgraderingsprojek van stapel gestuur, wat deel is van die regering se breër inisiatief om lewensomstandighede in informele gebiede te verbeter. Burgemeester Cherien Kock het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die projek is daarop gemik om meer duursame behuising te bied, toegang tot noodsaaklike…
'n Voormalige lid van die politieke moorde-taakspan, kaptein Maxwell Wanda, het aan die Madlanga-kommissie gesê lede van die Valke het ingemeng en aggressief opgetree tydens die inhegtenisneming van die sakeman Katiso “KT” Molefe in Desember verlede jaar. Molefe word daarvan beskuldig dat hy opdrag gegee het vir die moord op…
Die Namibiese Statistiekagentskap se 2025/26-hoofopname van huishoudelike inkomste en uitgawes het op 28 April afgeskop. Die opname sluit op 4 November. Die opname sal Namibiërs se totale en gemiddelde inkomste bepaal, en sluit in armoede-aanwysers, gesondheid en onderwys. Kosmos 94.1 Nuus het met Mirjam Shihepo, die agentskap se kommunikasie beampte…
29 Oct 2025 6AM
1 min
1676 – 1696
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.