Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1656 – 1676

NV gevra om oor Brics-aansluiting te besluit

Die Swapo-parlementslid Tobie Aupindi het die parlement versoek om te besluit of Namibië by BRICS moet aansluit. Aupindi sê dat Brics-lidmaatskap ekonomiese groei sal bevorder, beleggings sal lok en internasionale samewerking sal verbeter. Hy het in die Nasionale Vergadering gepraat.
30 Oct 2025 11AM 1 min

Adjunkministers onnodig, sê ActionSA

ActionSA sê sy voorgestelde grondwetlike wysiging om adjunkministers af te skaf, is weer in die parlement geldig bewys. Matthew George van die party sê tydens die parlementêre ad hoc-komitee se sitting Dinsdag het die adjunkminister van Polisie, Cassel Mathale, erken dat geen verantwoordelikhede aan hom jaar toegeken is nie en…
30 Oct 2025 11AM 1 min

NamPost maak toelaag-betalings se datums bekend

NamPost het kennis gegee dat geen maatskaplike toelaes voor 3 November betaal sal word nie, want dit is wanneer die betalingsiklus begin. Die maatskappy het ook die datums bekendgestel wanneer betalings gemaak sal word. Begunstigdes kan al die datums op die NamPost sosiale media blaaie kry. Kosmos 94.1 Nuus het…
30 Oct 2025 10AM 1 min

Euro-verpligting is betaal, maar 40% van die skuld bly

Namibië het amptelik sy Euro-verpligting van 750 miljoen Amerikaanse dollar, sowat 13,5 miljard Namibiese dollar, terugbetaal. Rondom 6 miljard Namibiese dollar, sowat 40 persent van die skuld, is geleen van plaaslike banke wat ‘n impak kan hê op privaatsektor kredietverlening. Die Cirrus ekonoom Robert McGregor verduidelik.
30 Oct 2025 9AM 1 min

SA rand sterk na gryslys-verwydering, en Namibië baat ook

Die Suid-Afrikaanse rand het versterk tot net bo 17 teenoor die Amerikaanse dollar nadat Suid-Afrika van die Finansiële Aksietaakmag se gryslys verwyder is. Die ontwikkeling volg op die Amerikaanse Federale Reserweraad se besluit om sy maatstafkoers te verlaag met 25 basispunte, wat vraag na die Amerikaanse geldeenheid afdwing en dus…
30 Oct 2025 9AM 1 min

Onderwys, opleiding 'moet in lyn kom met markvraag'

Die onderwysministerie word aangespoor om 'n holistiese blik op die land se huidige vaardigheids- en arbeidsbehoeftes te neem. Mede-ekonomiedosent by Unam, professor Denis Yuni, sê 'n omvattende assessering sal help om Namibië se groeiende vaardigheidsgaping te oorbrug en te verseker dat onderwys en opleiding beter in lyn is met werklike…
30 Oct 2025 8AM 1 min

Trump kan dooiepunt oor regeringsluiting oplos: Bernie Sanders

Die Amerikaanse regering se sluiting is nou in sy vyfde week. Die mees kritieke element is die sperdatum vir SNAP, die voedselkoepon-program vir 42 miljoen armoedige Amerikaners. Die befondsing sal op 1 November opraak. Maar, die Republikeine en Demokrate wys vinger na mekaar, terwyl die president reis. Die leier van…
30 Oct 2025 8AM 1 min

Namibië op pad na Tweede Wêreldberaad vir Maatskaplike Ontwikkeling

Namibië berei voor om die Tweede Wêreldberaad vir Maatskaplike Ontwikkeling by te woon. Dit sal van 4 tot 6 November in Doha, Katar, gehou word. Die beraad sal wêreldleiers byeenroep om hul verbintenisse tot maatskaplike ontwikkeling te hernu, met die fokus op armoede-uitwissing, volle en produktiewe indiensneming, en maatskaplike integrasie…
30 Oct 2025 8AM 1 min

'Cat' Matlala het glo R500 000 vir Mchunu se ANC-veldtog betaal

Getuie C het aan die Madlanga-kommissie vertel die tenderpreneur Vusimusi “Cat” Matlala beweer hy het ongeveer 500-duisend Suid-Afrikaanse rand betaal vir die polisieminister, Senzo Mchunu, se veldtog vir die ANC-presidentskap. Hy sê Matlala het na bewering betalings deur die sakeman Brown Mogotsi gedoen om die vlugte en verblyf vir die…
30 Oct 2025 8AM 1 min

IRR stel staatsbestedingsplan voor

Die Instituut vir Rasseverhoudinge het 'n "Waarde vir Geld"-wetsontwerp voorgestel. Die nuwe voorgestelde wetsontwerp wil die manier waarop die regering staatsgeld bestee, verander. Dit sal die ingewikkelde punte-gebaseerde voorkeurstelsel met 'n enkele, deursigtige standaard vervang. Hermann Pretorius van die instituut sê die wetsontwerp behou beperkte en deursigtige gelykstaande voorkeure, soos…
30 Oct 2025 6AM 1 min

Reaksie oor seksoortreder migrant wat 500 pond betaal is om huis toe te gaan

Die Britse publiek is boos oor die nuus dat die seksoortreder, migrant Hadush Kebatu, 500 pond gegee is voor hy gedeporteer is. Kebatu is in die nuus in Brittanje omdat hy verkeerdelik vrygelaat is uit die gevangenis. Hy het tronkstraf uitgedien na hy ‘n 14-jarige dogtertjie in ‘n asielhotel aangerand…
30 Oct 2025 6AM 1 min

GRN doen min vir basiese menseregte

Reaksie is ontvang op die nuus dat 40 persent van die land se huishoudings, meer as 756 000, geen toilette het nie en steeds in die veld ontlas. Die situasie is die ergste in landelike gebiede en informele nedersettings. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die LPM-woordvoerder Lifalaza Simataa, wat…
30 Oct 2025 6AM 1 min

Savanna sê oor Chinese vraag van 20 000 ton

Reaksie word steeds ontvang op China se groeiende aptyt vir Namibiese beesvleis wat vraag tot 20 000 ton per maand kan laat styg, maar kenners waarsku dat produksie nie tred sal kan hou nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Ian Collard gepraat die uitvoerende hoof van Savanna Beef wat die…
30 Oct 2025 6AM 1 min

Namibië se groeimodel het sy perke bereik

Almandro Jansen, ekonoom van Simonis Storm, waarsku dat Namibië se groeimodel, gedryf deur hulpbronontginning en stygende skuld, sy perke bereik het. Jansen het in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus gesê die land moet sy produktiewe basis herbou en lenings in werklike produktiwiteitswinste omskakel. Hy het beleidmakers aangespoor om buitelandse…
30 Oct 2025 6AM 1 min

ILO looi Namibië oor sy werksbeleid

Die Internasionale Arbeidsorganisasie het Namibië gekritiseer vir die swak implementering van sy werksbeleid. Tydens 'n geleentheid van die Ekonomiese Vereniging van Namibië het die organsasie se werkspesialis Jealous Chirove gesê dat die Tweede Nasionale Werksbeleid van 2014 tot 2017, nie sy doelwitte bereik het nie. Die beleid was daarop gemik…
30 Oct 2025 5AM 1 min

Westelike dele van Jamaika, wat ergste getref is, is afgesny

Die onderwysminister van Jamaika Dana Morris Dixon het haar kommer uitgespreek oor toegang tot die westelike dele van die eiland wat die swaarste deur Orkaan Melissa getref is. Sy sê gemeenskappe daar is heeltemal afgesny en toegang is moeilik as gevolg van skade aan infrastruktuur en meer. Sy voeg by…
30 Oct 2025 5AM 1 min
1656 – 1676