Suid-Afrikaanse Entstofprodusente het teengifproduksie hervat na 'n vyf jaar onderbreking. Die slangkenner Francois Theart het met die Nasionale Werkgroep vir Verwaarloosde Tropiese Siektes gesels om die moontlikheid te ondersoek om beperkte hoeveelhede van die teengif aan te hou. Die teengif het tans nie internasionale Good Manufacturing Practices -sertifisering nie, wat…
Die Madlanga-ondersoekkommissie oorhandig vandag sy voorlopige verslag aan president Cyril Ramaphosa, maar hy sal dit nie openbaar maak nie. Fase 1 handel oor die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, se bewerings wat politieke inmengery by die SAPD, die ontbinding van die taakspan oor politieke moorde, en vermeende korrupsie by die Ekurhuleni-metropolisie…
Amerikaanse ondersoekbeamptes het 'n nuwe verbeterde video en foto vrygestel van die verdagte in die skietery by Brown Universiteit waarin twee studente dood is. Nege mense is gewond by die Ivy League-instelling op Rhode Island. 'n Persoon van belang wat vroeër aangehou is, is intussen vrygelaat. Providence se polisiehoof, Oscar…
Die Teddy Bear-kliniek vir mishandelde kinders waarsku ouers om hierdie feestyd waaksaam te bly. Die kliniese direkteur, Shaheda Omar, sê kinders is nie altyd veiliger by die huis nie omdat hulle gewoonlik misbruik word deur mense wat hulle ken. Omar sê alkohol, minder toesig en sosiale geleenthede skep gevare. Sy…
Hyphen Hydrogen Energy het vroeër vanjaar hulle vaardigheids-opname geloods. Hierdie sensus stel Namibiërs in staat om hul vaardigheidsinligting in te dien en relevante dokumente op te laai om in 'n omvattende werksoekersdatabasis ingesluit te word. Kosmos 94.1 Nuus het met Martin Wilkinson,die senior ekonomiese ontwikkelingsbestuurder by Hyphen gepraat, wat 'n…
President Cyril Ramaphosa sê dit is kommerwekkend dat daar diegene, binne en buite die land, is wat hul uiterste bes doen om 'n vals prentjie van die Suid-Afrikaanse omgewing te skets. Hy het gister die geleentheidsrede gelewer tydens die nasionale herdenking van Versoeningsdag by die Ncome Museum in KwaZulu-Natal. Ramaphosa…
Die Withuis-stafhoof, Susie Wiles, het opslae gemaak vir 'n reeks openhartige kommentare wat in Vanity Fair gepubliseer is. Sy het president Donald Trump beskryf as ‘n mans met grenslose vertroue, die persoonlikheid van ‘n alkoholis en iemand wat wraak neem en vergelding soek. Sy het ook, onder andere, gesê visepresident…
Die Namibiese Konvensieburo het sedert vanjaar 1 186 vergaderings, aansporingsgeleenthede, konferensies en uitstallings, of MICE-visumaansoeke, gefasiliteer, met 978 visums wat uitgereik is en byna 1,5 miljoen Namibiese dollar in inkomste gegenereer het. Catherine Shipushu, die woordvoerder van die Beleggingsbevordering- en Ontwikkelingsraad, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hierdie geleenthede…
Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het kommer uitgespreek dat onwettige mynwerkers moontlik in Bapong, Noordwes, vasgekeer is nadat grond ingekalwe het. Ná ʼn besoek deur Natjoints-lede en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, is minstens elf onwettige mynwerkers vasgetrek en beslag gelê op tien masjiengrawe. Masemola sê wetstoepassers moet weekliks inspeksie doen…
Die kantoor van die Los Angeles-distriksprokureur het Nick Reiner aangekla van twee gevalle van moord met spesiale omstandighede wat verband hou met die dood van sy ouers. Die Hollywood-regisseur Rob Reiner en sy vrou, Michele, is Sondag in hul huis in Brentwood, Kalifornië, met talle steekwonde dood aangetref. LA se…
Bafana Bafana het in ʼn vriendskaplike wedstryd op die Dobsonville-stadion in Soweto ʼn 1-0-sege teen Ghana behaal. Dit was die Suid-Afrikaners se laaste kragmeting voor die span na Marokko vertrek vir die Afrikabekertoernooi wat vandag begin. Sipho Mbule het die wedstryd se enigste doel in die 57ste minuut behaal. Afrigter…
MultiChoice Talent Factory se aansoeke vir sy 2026-inname is oop, met 'n sperdatum van 27 Februarie 2026. Plaaslike gegradueerdes wat daarna streef om regisseurs, filmmakers, draaiboekskrywers, vervaardigers en storievertellers te word, kan nou aansoek doen vir ten volle befondsde kursusse. Die ten volle geakkrediteerde nege maande lange program word aangebied…
Statistieke van High Economic Intelligence toon dat uitslae van die Khomas-streeksraadverkiesing 'n patroon toon wat kieserbetrokkenheid aan ekonomiese toestande koppel. Hoër werkloosheidsyfers korreleer met laer kiesersopkoms. Die Tobias Hainyeko-kiesafdeling het byvoorbeeld 'n werkloosheidsyfer van 49,3 persent aangeteken, met 'n opkoms van slegs 24,1 persent, terwyl Moses//Garoëb en Samora Machel 'n…
Die Homeschool Association of Namibia sê die verwarring rondom hul rol veroorsaak onnodige kommer onder ouers en leerders. Dit kom nadat die onderwysministerie 'n verklaring uitgereik het waarin gesê word dat die vereniging nie erken word om tuisonderrig in die land goed te keur, te reguleer, te registreer of leiding…
Kontrakteurs wat aan die Eneas Peter Nanyemba-padprojek by Havana Fourway in Katutura werk, sê hulle staar uitdagings in die gesig wat hul werk vertraag. 'n Terreinagent vir Welwitschia Construction CC, Sam Angula, sê dat verkopers aanhou werk in die projekarea wat skoongemaak word. Hulle moet ook elke dag vullis verwyder…
Die bohaai in Amerika oor president Donald Trump se ongevoelige aanmerkings na die moord op die befaamde regisseur Rob Reiner en sy vrou kring steeds uit. Die Reiners se seun, Nick, is in verband met die moorde in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die hof verskyn om…
Agra Veilings Namibië het ‘n terugblik op die jaar gegee. Aan die begin van die jaar was daar verskeie onsekerhede in boerdery wat kop uitgesteek het. Knopvelsiekte en bek-en-klouseer wat in Suid Afrika uitgebreek het was kopsere, maar Namibië se boerderybedryf het kop bo water gehou. Kosmos 94.1 Nuus het…
16 Dec 2025 10AM
1 min
512 – 532
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.