Die regering hersien weer sy beleggingswet om 'n enkele raamwerk te skep en beleggersvertroue te verhoog. Dit is aangekondig op die kantlyn van die 80ste VN Algemene Vergadering deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Eben de Klerk van die Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing, wat sê die…
AfriForum sê hy het sy dossier oor die EFF-leier Julius Malema aan senior beamptes in president Donald Trump se administrasie oorhandig. Die burgerregte-organisasie en Solidariteit het Woensdag die Withuis besoek as deel van ʼn opvolg-skakelingsbesoek in Amerika. Ernst van Zyl van AfriForum sê om Malema se ekstremisme onder die Trump-administrasie…
Die akteur en voormalige goewerneur van Kalifornië, Arnold Schwarzenegger, het met CNN gepraat oor politieke verdeeldheid in die VSA. Dit kom na die debakel met TV-aanbieder Jimmy Kimmel en president Donald Trump wat sê hy haat sy vyande. Schwarzenegger sê God het ons twee ore gegee en een mond –…
Die tweemalige Major-wenner Collin Morikawa het die idee verwerp dat die Amerikaanse span betaling ontvang en daarom minder gedrewe is as die Europese span om die Ryder-beker te wen. Kritici het die Beroepsgholfspelersvereniging van Amerika se besluit om die Amerikaanse spanlede vir deelname aan die Ryder-beker te betaal, bevraagteken. Die…
Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, waarsku president Vladimir Putin van Rusland sal aanhou om die oorlog in sy land selfs verder te dryf tensy hy gekeer word. Hy het gister die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York toegespreek. Zelensky doen ʼn beroep op wêreldleiers om in te gryp…
Die ANC-jeugliga sê president Cyril Ramaphosa se toespraak by die 80ste Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies stem ooreen met sy stryd vir ʼn regverdige, billike en mensgesentreerde wêreld. Die president het Dinsdag in sy toespraak gevra vir hervorming van die VN-veiligheidsraad en aanspreeklikheid vir oortredings van internasionale reg. Die…
Die Activists and Citizens Forum sê getuienis deur KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, en die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het politieke inmenging in die polisie blootgelê. Voormalige polisieministers Nathi Mthetwa, Bheki Cele, en huidige Senzo Mchunu is geïmpliseer in verdoemende getuienis by die Madlanga-kommissie. Woordvoerder Dennis Bloem sê die onthullings…
Die Britse eerste minister Keir Starmer is opnuut onder skoot oor sy stilswye nadat Amerikaanse president Donald Trump in sy toespraak by die Verenigde Nasies se algemene vergadering Londen se burgemeester, Sadiq Khan, aangeval het. Trump het terwyl hy oor immigrasie gepraat het, gesê Khan is 'n verskriklik slegte burgemeester…
Die hoërhof het ten gunste van die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, beslis in 'n saak wat verband hou met 'n dekade-oue veselhuurooreenkoms tussen MTC, Telecom Namibia en NamPower. Die kern van die dispuut was 'n omstrede klousule wat MTC en Telecom eksklusiewe, outomatiese toegang tot NamPower se donkerveselnetwerk gegee het…
Die Afrika-Transformasiebeweging het die regering versoek om minderjarige swangerskappe tot 'n nasionale pandemie te verklaar. Die ATM is bekommerd oor die meer as 2 700 meisies tussen tien en 14 jaar wat jaarliks geboorte gee, insluitend meer as 100 gevalle in die Oos-Kaap. Die party noem sistemiese mislukkings, 'n gebrek…
President Cyril Ramaphosa sê sommige nasies kan duisend-miljarde beskikbaarstel om hul burgers en ekonomieë teen pandemies en ander krisisse te beskerm, terwyl ander gekniehalter word deur skuld en gebrek aan toegang tot globale kapitaal. Hy het deelgeneem aan die tweejaarlikse beraad vir ʼn volhoubare, veerkragtige en inklusiewe wêreldekonomie by die…
ʼn Skietvoorval by ʼn Amerikaanse immigrasie- en doeane-veldkantoor in Dallas het tot een immigrasie-aangehoudene se dood gelei en twee ander is beseer. Beamptes sê ʼn voorlopige ondersoek toon die verdagte het van ʼn naasliggende gebou lukraak losgebrand op die ICE-gebou en ʼn bussie waarin die slagoffers was. Die skieter het…
Oryx Properties het aangekondig dat die maatskappy 270 miljoen Namibiese dollar belê het in die ontwikkeling van die Goreangab-winkelsentrum. Die ontwikkeling, in vennootskap met Safland Property Group, sal 40 kleinhandelaars huisves. Met Shoprite as die ankerhuurder, sal die winkelsentrum Woolworths, Clicks, Markhams, Jet en Ackermans onder ander gewilde kleinhandelaars insluit…
Namibië se globale mededingendheid het 'n ernstige knou gekry en is 68ste uit 69 lande in die 2025 Wêreldmededingendheidsjaarboek van die Internasionale Instituut vir Bestuursontwikkeling. Namibië het ook 67ste geëindig in ekonomiese prestasie. Internasionale handel en belegging was ook swak en het onderskeidelik 58ste en 62ste plek behaal. Kosmos 94.1…
President Netumbo Nand-Ndaitwah het haar nooienstoespraak by die 80ste Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies in New York gelewer. Sy het verskeie kwessies aangeraak en haar administrasie geloof vir sy prestasies tot dusver. Sy sê dit is ‘n tyd van globale onsekerheid.
Die UDM sê hy is woedend en hartgebroke oor onlangse berigte van seksuele misbruik, teistering en wangedrag waarby onderwysers regoor die land betrokke is. Die waarnemende sekretaris-generaal, Zandile Phiri, sê daar het verlede maand sake in Gauteng, die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en die Vrystaat voorgekom wat 'n diep en sistemiese krisis…
Reid Wiseman, die bevelvoerder van Artemis II, Nasa se volgende sending na die maan, sê dat hy en sy bemanning dinge sal sien wat geen mens nog ooit gesien het nie. Wiseman het op 'n nuuskonferensie in die Johnson Space Centre in Houston, Texas, gesê dat sy ruimtetuig waarskynlik oor…
Die massiewe veldbrand in die Etosha Nasionale Park woed steeds voort. Die omgewingministerie sê dat die brand, wat deur die suidwestelike deel van die park en plase geskeur het, vermoedelik Maandagaand ontstaan het uit nabygeleë houtskoolproduksie-aktiwiteite. Toe dit begin het, is meer as 81 000 hektaar in net twee uur…
24 Sep 2025 11AM
1 min
2592 – 2612
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.