134 Oshakati-inwoners uit vloedgevoelige gebiede verskuif

Loading player...
Die Oshakati burgermeester, Leonard Hango, het bevestig dat hulle sover 134 inwoners verskuif het uit vloedgeteisterde gebiede van Oshoopala in die Onawa nedersetting in Oshakati. Die dorpsraad het grond vir die inwoners opsygesit in Onawa vir permanente hervestiging. Kosmos 94.1 Nuus het met Hango gepraat wat sê hulle het direkte instruksies van die president nagekom.
7 Jan 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

VN-eis vir slawerny-vergoeding 'raak nie volksmoord-reparasies'

Politieke ontleder professor Henning Melber sê die onlangse resolusie van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering wat vergoeding vir slawehandel eis, is grootliks simbolies, sonder bindende regsgevolge vir lande wat nie vir die resolusie gestem het nie. Melber sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat dit ook nie die Namibiese volksmoord…
24 Apr 10AM 1 min

Sacky vra weer vir staking van Fishrot-verhoor

Die Fishrot-beskuldigde Sacky Shanghala het die hoërhof weer eens versoek om die verhoor te staak, met die argument dat dit nie kan voortgaan terwyl 'n aansoek om onttrekking van regter Marelize du Plessis onopgelos is nie, insluitend enige moontlike appèl na die Hooggeregshof. Advokaat Ileni Gebhardt, wat Ricardo Gustavo verteenwoordig,…
24 Apr 10AM 1 min

Trump sê hy's g'n onder druk om Iran-oorlog te staak nie

President Donald Trump van Amerika sê hy is onder geen druk om die oorlog teen Iran vinnig te beëindig nie, ondanks sy oorspronklike vooruitskatting van ses weke. Hy is tevrede om Iran se hawens te versper en ekonomiese skade te berokken sonder om die oorlog te hervat of ʼn ooreenkoms…
24 Apr 10AM 1 min

Vereniging juig oor stappe om hofbeamptes te beskerm

Die Vereniging van Staatsamptenare het die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling se standpunt verwelkom om stappe te doen om hofbeamptes teen teistering, dreigende gedrag en intimidasie met behulp van kameras te beskerm wanneer hoëprofielpersone in die hof verskyn. Die vereniging veroordeel enige gedrag van politici, openbare figure of lede…
24 Apr 9AM 1 min

Zim, Botswana gaan paspoortvrye reise instel

Zimbabwe en Botswana gaan paspoortvrye reise instel wat landsburgers sal toelaat om grense tussen die twee lande met slegs nasionale identiteitsdokumente oor te steek. Die Zimbabwiese president, Emmerson Mnangagwa, sê die gefaseerde plan begin met grensgemeenskappe en korttermynbesoeke om die beweging van mense, goedere en dienste te vergemaklik. President Duma…
24 Apr 9AM 1 min