
Shack Dwellers Federation kry befondsing vir meer huise
Loading player...
Nadat daar verlede jaar 3 106 laekostehuise met steun van die regering en die privaatsektor gebou is, beplan die Shack Dwellers Federation om produksie vanjaar tot 5 650 huise te verhoog. Mede-direkteur Heinrich Amushila het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die uitbreiding kan plaasvind weens meer befondsing, en bygevoeg dat huise wat sedert verlede jaar nog op diensaansluitings wag, na verwagting teen die einde van Februarie voltooi sal wees.

