Vyf verdagtes is vroeg vanoggend doodgeskiet tydens 'n skietgeveg met die polisie in die Bester-gebied in Inanda, KwaZulu-Natal. 'n Polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê hulle is gesoek vir moord, poging tot moord, insluitend op polisielede, en huisroof. Hy sê die bende het chaos veroorsaak in Inanda en omliggende gebiede:
Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, vra vir verhoogde waaksaamheid en verskerpte monitering om verdere lewensverlies tydens die inisiasieproses te voorkom. Altesaam 48 sterftes is die afgelope somer-inisiasie in die Oos-Kaap en Vrystaat aangemeld, waar die meeste sterftes voorgekom het. Die departement se woordvoerder, Pearl Maseko-Binqose,…
Januarie is die maand van bewustheid oor en uitwissing van servikale kanker, een van die algemeenste kankers in die land. Dit is ook een van die mees voorkombare en behandelbare kankers, maar eis steeds onnodig lewens. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rolf Hansen, die uitvoerende hoof van die Kankervereniging,…
Terwyl uiters swaar neerslae vir die oostelike dele van Suider-Afrika in die komende dae verwag word, sal Namibië ook reë oor die naweek ontvang maar nie in die volumes wat in oostelike Suid-Afrika, Mosambiek en Zimbabwe verwag word nie. Plaaslike weerkenner George van der Merwe.
Die landbouministerie het 'n beroep gedoen op gekwalifiseerde Namibiese maatskappye om hul belangstelling uit te spreek in die ontwikkeling van 'n kommersiële stelsel vir die gradering, waardasie en belasting van landbougrond. Die voorgestelde stelsel is bedoel om grondhervormingspogings te ondersteun en grondbelastingadministrasie te verbeter en sal 'n rekenaargesteunde massa-waardasiestelsel en…
Die diens van grond by Farm 37 buite Walvisbaai is steeds nog nie voltooi nie, omdat die Backyard Tenants-groep steeds wag op goedkeuring van die lynministerie. Die stedelike ontwikkelingsministerie het 75 miljoen Namibiese dollar aan die Walvisbaai-munisipaliteit toegeken vir die ontwikkeling van Farm 37, waar die Backyard Tenants porsie 19…
Kaapstad se Direktoraat vir Water en Sanitasie waarsku alle inwoners, sakeondernemings en besoekers om onmiddellik minder water te gebruik. Waterverbruik het die afgelope warm dae skerp toegeneem en damvlakke het gevolglik gedaal tot 19-persent laer as dieselfde tydperk verlede jaar. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê indien…
Die Britse minister van Verdediging, John Healey, sê die Verenigde Koninkryk het Amerika gehelp om ʼn olietenkskip wat onder die Russiese vlag vaar, te onderskep om skadu-skeepsaktiwiteit en diegene wat sanksies ontduik, te beveg. Amerikaanse magte het gister in die Noord-Atlantiese Oseaan aan boord van die Marinera gegaan. Healey sê…
President Cyril Ramaphosa sê advokaat Andy Mothibi sal die Nasionale Vervolgingsgesag deur sy oorgangstydperk lei. Die hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid sal die aftredende nasionale direkteur van Openbare Vervolging, Shamila Batohi, vervang, wie se termyn hierdie maand eindig. Ramaphosa sê, ten spyte daarvan dat Mothibi aftree-ouderdom nader, het hy volle…
ʼn Verslag van die Verenigde Nasies se Hoëkommissaris vir Menseregte se kantoor sê Israel skend verpligtings onder internasionale reg in die Wesoewer, en vra lande om rasse-segregasie en apartheid te voorkom en uit te wis. Die verslag beskryf die stelselmatige diskriminasie teen Palestyne in die gebied as ʼn voortgesette probleem…
Die herrie is los na immigrasie-agente ‘n 37-jarige vrou in Minneapolis in Minnesota doodgeskiet het. Owerhede sê sy het met haar voertuig op die ICE-agente afgepeil maar beeldmateriaal van die voorval toon dat sy probeer wegkom het. Die stad se burgemeester Jacob Frey het uiters passievol na die voorval met…
Die afrigter van Bafana Bafana, Hugo Broos, erken dat hy teleurgesteld is na die span se uitskakeling in die rondte van 16 by die Afrikabekertoernooi in Marokko. Bafana het met 2-1 teen die vyfmalige kampioene, Kameroen, verloor. Broos het met die span se aankoms by OR Tambo Internasionale Lughawe gesê…
Die Kaapse Forum vermoed rassisme het 'n rol gespeel in die aanstelling van die nuwe Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi. Die burgerregtegroep sê Mothibi, wat nie op die amptelike kortlys was nie, is gekies bo ses kortlyskandidate, insluitend Hermione Cronjé, en spreek kommer uit oor die rassesamestelling van…
Die Etunda besproeiingprojek in die Omusati-streek is tans midde-in sy mango-oesseisoen, wat in November verlede jaar begin het en na verwagting in Februarie sal eindig. Die projek verwag om vanjaar ongeveer 70 ton vars mango's te oes, wat dit beplan om plaaslik te verkoop. Die mango-boord bestaan uit sowat 7…
Amerika se minister van Binnelandse Veiligheid, Kristi Noem, het die optrede van ʼn ICE-agent verdedig wat ʼn 37-jarige vrou in Minneapolis doodgeskiet het. Sy sê dodelike geweld is wettig wanneer ʼn wapen iemand bedreig. Owerhede sê die skietvoorval het plaasgevind toe ʼn gewelddadige betoger probeer het om ʼn immigrasiebeampte om…
Namibië kan hierdie naweek reënval verwag namate 'n kragtige weerstelsel die streek binnedring. Meteorologiese data toon dat die stelsel teen Saterdagaand oor die oostelike en sentrale dele van die land sal inbeweeg, met toestande wat na verwagting Sondag sal vererger. Onafhanklike meteoroloog Johan van den Berg doen 'n beroep op…
Henk Lategan van Suid-Afrika het die vierde skof van die Dakar-tydren gewen en is nou boaan die algemene ranglys. Lategan, wat verlede jaar algeheel tweede was, het die vyfde skof van sy loopbaan in sy Toyota Hilux gewen. Die vyfmalige Dakar-kampioen van Katar, Nasser Al-Attiyah, was tweede vinnigste en Marek…
Die landbouministerie sê daar is 'n hewige kommandowurm-uitbreking in die Lake Lyambezi-gordelgebiede in die Zambezi-streek. Die hoof-wetenskaplike beampte van landbou, Rodrick Maswabi, sê kommandowurms en sprinkane het as gevolg van swaar reën verskyn. Hy het boere aangespoor om onmiddellik onkruid te verwyder, en gee meer inligting.
Die Nasionale Verbruikerskommissie in die buurland het die Nestlé-produk NAN in 800 gram blikke onttrek. Die aankondiging volg na 'n verslag deur 'n verskaffer dat een van die bestanddele van die baba-formule moontlik besmet is met 'n gifstof wat braking en diarree kan veroorsaak. Die onttrekking raak produkte wat in…
Eskom sê daar is geen nuwe of dreigende skendings van die aanlyn verkoopstelsel nie danksy beslissende stappe om dit te bekamp, stelsels te beveilig, inkomste te beskerm en kliënte te beskerm. Sindikate binne die kragverskaffer het vroeër groot hoeveelhede elektrisiteit op die swartmark verkoop vir so min as 25-sent per…
7 Jan 10PM
1 min
232 – 252
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.