Ouditeur-generaal het kommer oor SAL se volhoubaarheid

Loading player...
Die ouditeur-generaal se kantoor sê al het die Suid-Afrikaanse Lugdiens in 2024/2025 'n wins aangeteken, is die lugredery finansieel buite beheer en sy syfers onbetroubaar. Volgens die redery het hy in die fiskale jaar tot einde Maart 2025 die tweede agtereenvolgende jaar sedert hy in April 2021 uit sakeredding is, wins getoon. Thato Kunene van die OG se kantoor het aan die parlementêre portefeuljekomitee oor Vervoer gesê die SAL verloor geld deur voorsieningsketting-bestuur en verkrygingspraktyke:
22 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dagga-aktiviste op hete kole, uitspraak môre verwag

Daar is nog geen uitsluitsel in die Grondwetlike dagga saak deur aktiviste Brian Jaftha en Borro Ndungula nie. Uitspraak was Maandag verwag maar regter Claudia Claasen het die indiening van verdere dokumente geëis. Die staat het 'n aansoek vir 'n spesiale pleit gedoen om die saak van die rol te…
8 Jul 6AM 1 min

IPC eis rekord van Amutse se ondersoek na Nasan en Vivo

Die IPC het die regering se hantering van 'n omstrede brandstof-mededingingsbesluit na die parlement geneem. Die party eis antwoorde van die energieminister oor die opskorting van sleutelvoorwaardes wat deur die Mededingingskommissie opgelê is vir die samesmelting van Vivo Energy Namibia met Engen. Dit raak ook Nasan Energies wat verhoed is…
8 Jul 6AM 1 min

Nabta stel maatreëls vir langafstand taxi's voor

Die sekretaris-generaal van die Namibiese Bus- en Taxivereniging, Pendapala Nakathingo, stel voor dat alle openbare vervoervoertuie handmatige passasiersregistrasies deur middel van kontroleboeke moet hê om owerhede na ongelukke by te staan, sowel as outomatiese brandblusserstelsels. Hy het gepraat tydens die Nasionale Raad se staande komitee oor vervoer se verhore oor…
8 Jul 6AM 1 min

EU sê oor gryslysverwydering, sy stelsel sal nog tyd neem

Die Europese Unie het die land gelukgewens met sy verwydering van die Finansiële Aksie-taakmag se gryslys, asook die vrystelling van die Finansiële Intelligensiesentrum se 2025/2026 jaarverslag. Die EU se ambassadeur na Namibië, Ana Beatriz Martins, het die stappe vorentoe aangedui vir die EU om ook sy wetgewing aan te pas…
8 Jul 5AM 1 min

Boumafia beheer R63 miljard se openbare projekte

Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê daar is meetbare vordering in optrede teen afpersing en intimidasie in die boubedryf. Volgens die bedryf word ongeveer 180 openbare infrastruktuurprojekte ter waarde van 63 miljard Suid-Afrikaanse rand weens afpersing, intimidasie of geweld vertraag. Die bou-mafia is veral bedrywig in…
8 Jul 5AM 1 min