Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die 2024 nasionale en provinsiale verkiesingsuitslag het die party genoop om ernstig introspeksie te doen. Die ANC het in die 2024 algemene verkiesing die eerste keer sedert die begin van demokrasie sy volstrekte meerderheid in die Parlement verloor. Mbalula het gister tydens die…
Vakbondfederasie Saftu sê die vervaardigingsektor is in 'n krisis. Die jongste syfers van Statistieke Suid-Afrika toon 'n afname van 1 persent in produksie en verkope vergeleke met November verlede jaar, met groot afleggings by ArcelorMittal, Transalloys, Ford, Coca-Cola en Aspen. Asive Dyani van Saftu sê die afname het werkverliese en…
Arsenal het die geleentheid misgeloop om met ʼn voorsprong van agt punte op die Premierliga-punteleer te spog ná sy wedstryd teen Liverpool met nul-elk geëindig het. Die Gunners het ʼn goue geleentheid gehad nadat sy mededingers, Manchester City en Aston Villa, se wedstryde Woensdag ook gelykop geëindig het. Albei spanne…
Die Etunda groenskema-projek in die Omusati-streek het 'n proefpiesangplantasie in Januarie 2025 begin en daar word verwag dat die eerste oes tussen Augustus en September vanjaar ingebring sal word. Bestuurder Sacky Shilyomunhu sê dat altesaam 12 000 piesangbome plaaslik verkry is, en hul groei is baie belowend.
Minnesota se goewerneur, Tim Walz, sê president Donald Trump se administrasie weier dat amptenare van die staat deel is van die ondersoek na die noodlottige skietvoorval waarby ʼn beampte van die Doeane-agentskap in Minneapolis betrokke was. Die 37-jarige Renee Nicole Good is Woensdag dood nadat ʼn ICE-agent haar in haar…
Die Bloedoortappingsdiens doen weereens 'n beroep op bloedskenkings aangesien bloedreserwes tot minder as drie dae se voorraad gedaal het. Opvoedkundige beampte Frieda Vatileni-Asino het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hulle 250 eenhede volbloed per dag benodig om hulle tot die einde van Januarie deur te sien. Sy sê alle…
Echo Telecommunications het sy voorneme aangekondig om die eerste internetdiensverskaffer in die land te word om hierdie maand lae-Aarde-wentelbaan satelietdienste kommersieel te loods. Die besturende direkteur van Echo Namibia, Christo Greeff, sê hulle het reeds voorlopige goedkeuring van die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met…
Die IPC se skadu-omgewingsminister, Rodrick Likando, het kommer uitgespreek oor wat hy 'n ernstige ineenstorting van toesig by Namibia Wildlife Resorts noem. Dit volg nadat die omgewingsminister na bewering gesê het sy is onbewus van bewerings na die verwoestende brand by Aus dat brandblussers by NWR-fasiliteite nie gediens word nie…
Die nuwe skooljaar skop volgende week af en die ministerie van onderwys is besig met voorbereidings. Die skoolvoedingsprogram voorsien voedsel aan ongeveer die helfte van alle skoolgaande kinders en moet meer as 466 000 kinders dek. Kosmos 94.1 Nuus het met Ayesha Wentworth, direkteur van programme en gehalteversekering by die…
ActionSA se lid van die parlementêre ad hoc-komitee oor politieke inmenging in die regstelsel, Darleen James, waarsku bewerings deur onbevestigde getuies kan die ondersoekproses ontspoor. Sy het tydens vanjaar se eerste sitting gevra vir sterker bevestiging, meer regshulpbronne en verbeterde getuiebeskerming. James steun die EFF se oproepe vir bykomende hulpbronne…
Internasionaal en spanning tussen Minnesota en federale amptenare het Donderdag vererger na 'n Amerikaanse immigrasie-agent vir Renee Nicole Good, 'n 37-jarige ma van drie, in Minneapolis doodgeskiet het. Die FBI het skielik besluit om alleen die voorval te ondersoek en nie meer met die Minnesota Buro vir Kriminele Aanhouding saam…
Die hoof van NamPol Oshana misdaadondersoeke, adjunkkommissaris Fredrik Ndjadila, het bevestig dat die testikels van die 41-jarige Salom Nikanor afgesny en verbrand is. Nikanor se liggaam is op 4 Januarie deur 'n gemeenskapslid in vlak water by 'n pan agter die Oluno-korrektiewe fasiliteit in Ondangwa ontdek. Verdere ondersoeke het bevestig…
Die DA in die Wes-Kaap sê hy ondersteun inwoners van Mosselbaai ná die verwoestende brande wat huise verwoes en lewens ontwrig het. Die party het sy innige meegevoel uitgespreek teenoor gesinne wat geraak is, sowel as sy dankbaarheid teenoor brandbestryders en vrywilligers wat hul lewens gewaag het. DA-lid Venolea Fortuin…
Selfmoordsyfers in Namibië bly hoog, met kenners wat waarsku dat die bykomende druk van Januarie die situasie kan vererger. In net die eerste vier dae van die jaar is 'n kommerwekkende toename in selfmoordverwante sterftes aangemeld, met die polisie wat tussen 31 Desember 2025 en 4 Januarie 2026 ten minste…
Die inhegtenisname van die Venezolaanse president Nicolas Maduro deur Amerikaanse spesiale magte bly aktueel en word beskryf as 'n voortsetting van Amerikaanse imperialisme wat nog altyd besonder sterk in Latyns-Amerika was. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus waarsku Herbert Jauch, die voorsitter van die Economic and Social Justice Trust,…
Die Namibiese Burgerlugvaartowerheid sê dat alle vlugbedrywighede in, uit of binne die Namibiese lugruim onderhewig is aan streng regulatoriese vereistes wat nie diskresionêr of onderhandelbaar is nie. Dit kom nadat die owerheid kritiek ervaar het vir die verwerping van die permitaansoek van die gewilde Amerikaanse internetpersoonlikheid IshowSpeed se privaatstraler. Die…
Die inflasiekoers het in Desember 3,2 persent bereik, laer as November se 3,4 persent. Inflasie was 0,1 persent op 'n maandelikse basis, teenoor 0,0 persent die vorige maand. Teen 3,4 persent was kerninflasie marginaal hoër as die hoofkoers van 3,2 persent. Kosmos 94.1 Nuus het met Petronella Namushinga gepraat, die…
Krieket: Engeland se kaptein, Ben Stokes, erken sy span kon beter gespeel het in die reeks om die As. Australië het onder aanvoering van Steve Smith ʼn oortuigende oorwinning van vyf paaltjies behaal in die vyfde en laaste toets in Sydney, en die reeks 4-1 beklink. Stokes sê hy beplan…
Die feestyd staan einde se kant toe met skole wat volgende week oopmaak. Die Erongo-polisie se bevelvoerder, kommissaris Nikolaus Kupembona, het met die nasionale uitsaaier gepraat oor misdaad aan die kus. Dwelms was ‘n groot kommer.
8 Jan 7AM
1 min
212 – 232
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.