Die Raad vir Gehalteversekering in Algemene en Verdere Onderwys en Opleiding, Umalusi, sal nie nuwe N3-sertifikate uitreik nie. Die uitvoerende hoof, Mafu Rakometsi, het in 'n toespraak oor die Departement van Basiese Onderwys se matriekuitslae, gesê 2025 was die laaste jaar ná die uitfasering van N1- na N3-programme vanaf Januarie…
Die voorsitter van die Olthaver en List Groep, Sven Thieme, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê hulle maak gereed vir 'n besige jaar. Namibië se grootste private maatskappy is ’n diverse groep wat sowat 17 maatskappye in agt sektore van die ekonomie bestuur en meer as 5 500…
Die onafhanklike landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher sê Meatco se skerp daling in beesverslagting verlede jaar weerspieël die huidige markrealiteite, met goeie reën, siektedruk en prysverwagtinge wat boere aanspoor om diere terug te hou. Meatco het verlede jaar net meer as 41 000 beeste verwerk, wat sy teiken van 70 000…
Tegnologie-kundiges sê 2026 moet die jaar wees wat Namibiese besighede tegnologie strategies begin gebruik. Kehad Snydewel, besturende direkteur van Green Enterprise Solutions, sê te veel organisasies sien dit steeds as 'n koste eerder as 'n sakebemagtiger. Hy voer aan dat nóg volledig wolkgebaseerde nóg volledig plaaslike stelsels die antwoord is,…
President Donald Trump van Amerika beplan om Venezuela se opposisieleier, María Corina Machado, volgende week te ontmoet. Dit volg nadat sy administrasie verlede naweek vir president Nicolás Maduro in hegtenis geneem het. Trump het voorheen gesê hy sal nie met die Nobelprys-wenner saamwerk nie, want sy het nie die nodige…
In reaksie op verkiesingsbeamptes wat die ombudsman genader het met klagtes dat hulle nie ten volle deur die Verkiesingskommissie vir dienste gelewer betaal is nie, het die kommissie ‘n verklaring uitgereik wat die aantygings weerlê. Volgens die kommissie word beamptes net betaal vir werk wat gedoen is volgens die bywoningsregister…
Die Regeringsinstellings Pensioenfonds sê die langverwagte Pensioengesteunde Huisleningskema sal Maandag in werking tree. Die skema sal kwalifiserende lede toelaat om 'n gedeelte van hul pensioengeld as sekuriteit te gebruik om behuisingsverwante behoeftes te finansier, insluitend die koop van gedienste grond, die aankoop of bou van 'n huis, die verbetering van…
Cosatu is bekommerd oor gerugte van moontlike werksverliese en salarisverminderings onder honderde werkers in die motorkleinhandelbedryf. Volgens die motorbedryf se personeelvereniging het voertuig-invoerders en -kleinhandelaars in Desember 86 mense afgedank en nog 579 mense sal hierdie maand geraak word. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê dis kommerwekkend dat die JSE-genoteerde voertuiggroep, Motus,…
Die Stad Kaapstad sê die Brand-en-reddingsdiens het die afgelope Desember ʼn algehele toename in voorvalle beleef en hulle het ook op heelwat meer alkohol beslag gelê. Die drank-skut het kwitansies uitgereik vir 12 595 eenhede alkohol waarop tussen 1 Desember en 1 Januarie beslag gelê is. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid…
Berigte dat politieke gevangenes in Venezuela vrygelaat gaan word, is 'n teken dat die VSA se optrede in die land nie net oor natuurlike hulpbronne en olie gaan nie. President Donald Trump neem op die oomblik beheer oor die land se oliebedryf en het handelsbeleid ook op die regering afgedwing…
Namibië se dobbelbedryf floreer, maar kritici waarsku dat die maatskaplike koste selfs hoër kan wees. Namate die sektor byna 1 miljard Namibiese dollar in jaarlikse inkomste nader, met fisiese dobbelterreine en aanlyn-dobbel wat vinnig uitbrei, het huishoudelike skuld tot 68,5 miljard dollar gestyg. Voormalige ombudsman John Walters sê die land…
NamPost het aangekondig dat aanvullende in-tak uitbetalingsdatums by poskantore vir die kinderkontanttoelae vir vandag, 9 Desember en Saterdag, 10 Januarie ingestel is. Die normale in-tak sosiale kontanttoelaag-betalingskedule bly onveranderd. Ouderdoms- en ongeskiktheidstoelae word van 12 tot 14 Januarie uitbetaal, kinderkontanttoelae van 15 tot 17 Januarie en basiese inkomstetoelae van 18…
Dwelms word 'n ernstige kwessie in Namibië. Volgens die polisie is daar in Desember alleen meer as 'n miljoen kilogram dagga gekonfiskeer, 19 131 vol- en kwart Mandrax tablette, 28 gram kokaïen poeier, 177,5 eenhede crack kokaïen, en 38 gram metamfetamien, of tik. Daar is ook op 36 aborsie tablette…
Inskrywings vir die Mej. Namibië en Mej. Tiener Namibië is oop en word met afwagting ingewag. Die Mej. Namibië 2026-kroon kom met ongelooflike belonings, wat insluit 'n splinternuwe huis, 'n luukse motor, kontantpryse en die eer om Namibië op die internasionale verhoog te verteenwoordig. Kosmos 94.1 Nuus het met Beaulah…
Die ANC-jeugliga se president, Collen Malatjie, is die jongste politieke leier wat die party se voorsitter, Gwede Mantashe, in die openbaar kritiseer na sy omstrede opmerkings oor werkloosheid. Mantashe het onlangs gesê werklose jong Suid-Afrikaners is oorafhanklik van die regering om werk te verskaf in plaas daarvan om self werk…
Die Amerikaanse regering hou voet by stuk dat Renee Nicole Good gepoog het om die ICE-beampte raak te ry en te belemmer in sy pligte in Minneapolis, ten spyte daarvan dat beeldmateriaal nie die aantygings ondersteun nie. Die visepresident JD Vance het met die pers in die Withuis gepraat.
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê Amerika se besluit om aan internasionale organisasies te onttrek, is teleurstellend. Byna die helfte van die 66 organisasies het VN-bande. Dit sluit die Raamwerkkonvensie oor Klimaatsverandering en die Bevolkingsfonds in wat moeders en kinders se gesondheid ondersteun, en seksuele en geslagsgeweld bestry…
Die Johannesburgse metropolisie het 'n man in hegtenis geneem wat vermoedelik agter 'n gekaapte Bryanston-herehuis sit, as deel van sy pogings om gekaapte eiendomme in die metro terug te vat. Die eiendom word op ongeveer 5,1 miljoen Suid-Afrikaanse rand gewaardeer en het onwettige elektrisiteitsverbindings in die kamers. Die metrowoordvoerder, Nthatisi…
In 2024 het 40 757 voltydse leerders die gewone vlak-eksamens geskryf, waarvan 29,5 persent gekwalifiseer vir tersiêre opleiding, 4,3 persent meer as in 2023. Die uitslae van 2025 se eksamens word op 13 Januarie bekend gemaak. Kosmos 94.1 Nuus het met Jessy Abraham gepraat, woordvoerder van die Namibiese nasionale studente-organisasie,…
9 Jan 2AM
1 min
192 – 212
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.