
CAN vra publiek se hulp met CHICA-huis uitbreiding
Loading player...
Die Kankervereniging doen 'n beroep op hulp van die publiek om akkommodasie by sy CHICA-huis in Windhoek uit te brei. Die uitvoerende hoof, Rolf Hansen, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat dringende opgraderings nodig is. Diegene wat bereid is om te help, kan die vereniging direk kontak of bydra deur die Bank Windhoek Kankerappelprojek.

