Kenner sê Nekundi is reg oor kaartjiekostes

Loading player...
Lugvaartkenner dr. Guy Leitch verwelkom vervoerminister Veikko Nekundi se eis dat vlugkaartjiepryse op die Ondangwa-roete moet verlaag. Nekundi het die maatskappy ses maande gegee om die pryse meer bekostigbaar te maak en gesê dat hy bereid is om die wet te wysig en prysbeheer in te stel. Leitch het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat Nekundi se reaksie redelik en tydig is.
23 Apr 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

GRN se energiebesteding onder die loep

Globale energiebesteding is op koers om vanjaar 3,4 triljoen Amerikaanse dollar te bereik, volgens 'n verslag van die Internasionale Energie-agentskap. Ongeveer 2,2 triljoen dollar hiervan sal aangewend word vir kragnetwerke, berging, brandstowwe met lae emissies, kernenergie, hernubare energie, doeltreffendheid en elektrifisering. Net sowat 1,2 triljoen dollar gaan na olie, aardgas…
8 Jul 4AM 1 min

Rusland se atlete mag aan die Spele deelneem

Die Internasionale Olimpiese Komitee het die Russiese Olimpiese Komitee se skorsing voorwaardelik opgehef en Russiese atlete kan nou aan sommige span-items en kwalifiserende kompetisies deelneem voor 2028 se Olimpiese Spele in Los Angeles. Die Russiese vlag en volkslied word steeds verbied. Die IOK se president, Kirsty Coventry, sê ʼn atleet…
8 Jul 4AM 1 min

Action Society eis misdaadondersoek wanneer kinders kraam

Action Society sê die 292 geboortes wat tussen April en Desember verlede jaar onder meisies van 10 tot 14 jaar in die Wes-Kaap aangeteken is, behoort elk tot 'n misdaadondersoek te lei. Die organisasie sê elke kinderswangerskap moet as 'n kinderbeskermingsaak behandel word om te bepaal of seksuele misbruik of…
8 Jul 3AM 1 min

Reform UK se Farage bedank as LP

Die leier van die Reform UK, Nigel Farage, het skielik bedank as die parlementslid vir Clacton, wat 'n hoërisiko-tussenverkiesing veroorsaak het waarin hy onmiddellik wil deelneem.
8 Jul 3AM 1 min

Handelsyfers lê lae Afrika-handel bloot

Die handelstatistieke vir Mei is bekend en soos gewoonlik is streekshandel gesentreer in die Sacu-gebied. Namibië het 'n handelsurplus van 1,3 miljard Namibiese dollar met Botswana aangeteken terwyl 'n handelstekort van 2,5 miljard dollar met Suid Afrika aangeteken is. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gekry…
8 Jul 2AM 1 min