
Sunrisers vat derde oorwinning in IPL
Loading player...
ʼn Loopbaan-beste honderdtal van Abhishek Sharma het Sunrisers Hyderabad tot ʼn oorwinning van 47 lopies teen die Delhi Capitals gelei. Dis hul derde agtereenvolgende sege in die Indiese Premierliga. Die 25-jarige Sharma het ʼn onoorwonne 135 van 68 balle behaal, wat die vyfde hoogste telling in IPL-geskiedenis is. Dit het bygedra tot die Sunrisers se telling van 242 vir twee. Kiribathgala Dharmasena het vier paaltjies laat kantel om die Capitals tot 195 vir nege te beperk. Sharma sê hulle vertoning as ʼn span was spesiaal:

