Maroela Media Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.
Weekly Afrikaans South Africa Automotive
371 Episodes
220 – 240

Wiele2Wiele raak liries oor BMW se M3 Competition

Hierdie week raak die Wiele2Wiele-span liries oor BMW se M3 Competition-sedan en hulle gaan ry in stilte met Volkswagen se elektriese e-Golf. Daar is ook ‘n nuwe kompakte sportnuts om van te kies – Renault se Kiger.
15 Sep 2021 24 min

Wiele2Wiele ry met Hyundai se nuwe Palisade

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Toyota se GR Yaris. Hulle ry ook met Hyundai se nuwe prestigesportnutsmodel – die Palisade. Hulle spandeer dan tyd met Kia se Pegas, vier VW se 70ste herdenking en gesels oor die Simola Hillclimb.
8 Sep 2021 25 min

Wiele2Wiele ry met die Defender 110 D300 X

Hierdie week vir Wiele2Wiele gaan ry hulle met Land Rover se Defender 110 D300 X – die 3.0 L V6 turbodiesel-model. Hulle gesels ook oor ‘n pragtige klein nuwe buksie, die Fiat 500, en hou jou op hoogte van die jongste motorfietsnuus.
25 Aug 2021 24 min

Wiele2Wiele ry met VW se nuwe GTI

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met drie uiteenlopende motors – die Honda FIT, Volvo se XC40 T4 en Volkswagen se langverwagte Golf 8 GTI. Hulle gesels oor enjinposisies en vir 2Wiele gons dit in die ateljee oor die Suid-Afrikaner Brad Binder wat die afgelope naweek se MotoGP-ren op sy KTM-motorfiets…
18 Aug 2021 25 min

Wiele2Wiele ry met Audi se R8 Spyder V10

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Audi se R8 Spyder V10, gaan op ‘n avontuur saam met Avontuur Afrika, gesels oor bymiddels en gee vir jou al die jongste motorfietsnuus.
3 Aug 2021 25 min

Wiele2Wiele ry met Audi se vinnigste Q nog

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Audi se vinnigste Q nog – die RS Q8. Hulle gaan rits ook rond met die Mazda CX-30 en gesels oor die nuwe VW Golf 8 GTi. Daar is ook brandstofbesparingswenke en 2Wiele-nuus.
27 Jul 2021 24 min

Wiele2Wiele ry met Audi se Q2-sportnuts

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Audi se klein Q2 sportnuts en Citroen se C3. Hulle gesels ook oor die nuwe Honda FIT wat die Honda Jazz vervang, praat revolusies en gee vir jou die jongste motorfietsnuus.
20 Jul 2021 25 min

Wiele2Wiele gesels oor Ford se Mustang Mach 1

Hierdie week ‘vlieg’ Wiele2Wiele wanneer hulle jou vertel van Ford se Mustang Mach 1. Hulle gaan ry ook met die Ford Ranger XL wat nou opgedollie is en vertel jou van Kia se nuwe Pegas-sedan. Daar is ‘n wenk oor koppelaars en ook al die jongste motorfiets-nuus.
6 Jul 2021 24 min

Wiele2Wiele ry met blitsige Audi en Mitsubishi se Xpander

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Audi se 331kW RS5 Sportback en met Mitsubishi se mooi veeldoelige voertuig, die Xpander. SVI het goeie nuus vir Kapenaars en Dunlop het ‘n nuwe band vir 4x4-entoesiaste. In Wiele2Wiele word daar raad gegee oor wat jy moet doen as booswigte spykers in die…
30 Jun 2021 24 min

Wiele2Wiele gesels oor die vol-elektriese Porsche Taycan

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Porsche se vol-elektriese Taycan. Daar was veldrenaksie in Upington by die TGRSA 1000-woestynren en hulle vertel jou alles daarvan. Dit is ‘n bakkie-oorlog in die jongste episode van Perdekrag en Nicol Louw gesels in 2Wiele oor die Suzuki GSX-R1100.
23 Jun 2021 24 min

Wiele2Wiele gesels oor Audi se RS6 Avant

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor ‘n vinnige stasiewa, Audi se RS6 Avant. Hulle gaan ry ook met Audi se S5 Sportback en vat die langpad met VW se T6.1 Kombi. Toyota se blitsige GR Yaris word op die proef gestel en hulle gesels met die legendariese Sarel van der Merwe…
15 Jun 2021 25 min

Wiele2Wiele gesels oor Nissan se Magnite

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor die nuwe Nissan Magnite, ‘n B-segment-sportnuts. Hulle gaan hoor hoe dit by die “CEO Wheelchair Challenge” gegaan het, gee raad oor wat om te doen as jou motor se vensters opwasem en gesels oor BMW se nuwe 1250 motorfiets-reeks.
8 Jun 2021 23 min

Wiele2Wiele gesels oor Audi se SQ8

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus – van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en nuttige wenke. Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Audi se SQ8 met Audi se kragtigste dieselenjin nog en vertel jou hoe die Audi Q2 verander is. Hulle gaan ry…
1 Jun 2021 24 min

Wiele2Wiele gesels oor drie nuwe motors

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus – van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en nuttige wenke. Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor drie bekendstellings – Hyundai se nuwe i20, Citroën se opgeknapte C3 en Kia se splinternuwe Sonet.
25 May 2021 24 min

Wiele2Wiele ry met die Mercedes-AMG E63 S

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die Mercedes-AMG E63 S, die Suzuki Swift en gesels oor Kia se nuwe Sonet. Hulle verken ook die Karoo met ‘n Suzuki Ignis en ‘n Suzuki V-Strom DL1050-motorfiets.
19 May 2021 25 min

Wiele2Wiele gesels oor elektriese motorfietse

Hierdie week gesels Wiele2Wiele met twee passievolle dames. Kriekie du Plessis van Agilitee Africa gesels oor die bekendstelling van drie elektriese motorfietse en Nicky Marais van KTM Paarl oor die Funduro-byeenkomste. In die jongste episode van Perdekrag word daar gekyk watter begrotingsbuksie die beste is en dan woon hulle ook…
11 May 2021 24 min

Wiele2Wiele ry met spesiale Mazda3

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die spesiale uitgawe van die Mazda3 ter viering van Mazda (voorheen Toyo Kogyo) se 100 jaar bestaan. Hulle ry ook weer met Hyundai se Creta en vat die langpad met Toyota se Land Cruiser Prado 2.8L VX-L.
4 May 2021 24 min

Wiele2Wiele ry met drie sportnutse

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met drie sportnutse – die nuwe Hyundai Santa Fe, die Renault Koleos en Volvo se XC60 D5. Hulle gesels ook oor wrywingskoeffisiënt en die uitstekende brandstofverbruik wat mens met twee wiele kry.
28 Apr 2021 24 min
220 – 240