Wiele2Wiele gesels oor Opel se Zafira en Merc se C-klas

Loading player...
Hierdie week gee Wiele2Wiele terugvoer oor Jeanette se eerste motorrenbyeenkoms in 24 jaar, hulle vertel jou meer van Opel se nuwe Zafira Life-bussie en die tegnologie in die Mercedes-Benz C-klas. Nicol het die GetWorth-bekendstelling bygewoon en daar is met Husqvarna se Norden 901-motorfiets rondgerits.
9 Mar 2022 Afrikaans South Africa Automotive

Other recent episodes

Wiele2Wiele ry Toyota Hilux Legend 55

Terwyl Toyota Hilux’e oor die duine van Saoedi-Arabië vlieg by die Dakar-veldtydren, bring die span van Wiele2Wiele tyd deur met die Toyota Hilux Legend 55 en vertel jou alles oor hierdie legende. Met die uitmergelende Dakar-ren wat tans aan die gang is, verduidelik Toyota Gazoo Racing SA se Guy Botterill…
15 Jan 25 min

Wiele2Wiele: Agter die skerms by Dakar

Wiele2Wiele is terug vir 2026 en hulle wiele is weer aan die rol. Met die Dakar-veldtydren wat tans in volle swang is in Saoedi-Arabië, plaas hulle die kollig op een van die wêreld se uitmergelendste veldtydrenne.
9 Jan 25 min

Wiele2Wiele ry BMW M2

Hierdie week vir Wiele2Wiele raak almal liries oor die BMW M2 - ’n motor wat jy nie sonder handskoene aanpak nie. Hulle vat jou ook saam op ’n rit met die BYD Dolphin Surf. Daar is waardevolle raad oor verkoelingsvloeistof en ’n ‘Japannese Ducati’ pronk nou in hierdie motorhuis.
12 Dec 2025 24 min

Wiele2Wiele ry Tucson en nuwe J5

Wiele2Wiele vat die langpad met die Hyundai Tucson en spandeer ook tyd agter die stuur van Jaecoo se splinternuwe J5. King of the Whip 2025 was verlede naweek en waar daar motorsport-aksie is, is Motul daar. Clinton gesels ook met sy seun, Tristin Pienaar, wat bekroon is as die PE200-wenner…
5 Dec 2025 23 min

Wiele2Wiele ry Jetour T2

Renault stel sy splinternuwe Kiger bekend en ons gaan ry met Jetour se T2, wat behoorlik die koppe laat draai. Passievol oor motorsport en Porsche? Dan móét jy die ‘60 years of Porsche Racing at Kyalami’-koffietafelboek in die hande kry. Motul was weer volstoom betrokke by die 'Roof of Africa'…
28 Nov 2025 26 min