Maroela Media Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.
Weekly Afrikaans South Africa Automotive
371 Episodes
200 – 220

Luister: Loeb wen sewende skof by Dakar

Sebastian Loeb in sy Prodrive Hunter het die sneltrajek gewen en Toyota Gazoo Racing se Nasser Al-Attiya & Mathieu Baumel was 2de maar hulle voorsprong op Loeb wat 2de is op die algehele telbord, is nog steeds 44 minute.
10 Jan 2022 4 min

Luister: Jaers verdwaal erg by Dakar

Die sesde trajek van die 2022 Dakar-ren is gekenmerk deur deelnemers wat erg verdwaal het. Rakende die Suid-Afrikaans geboude Toyota Hilux-Dakar-motors was Shameer Variawa en Danie Stassen die vinnigste in hul Toyota Gazoo Racing Hilux T1+-bakkie. Spanmaats Nasser Al-Attiyah en Mathieu Baumel loop nou voor op die algehele telbord met…
8 Jan 2022 4 min

Luister: SA se Lategan wen vyfde skof by Dakar

Die vyfde trajek van die 2022 Dakar-ren het ‘n trotse oomblik vir Suid-Afrika opgelewer. Die wêreld is aan die gons oor Toyota Gazoo Racing se Henk Lategan en Brett Cummings wat hulle eerste Dakar-sneltrajek gewen het. Hierdie oorwinning het egter nie sonder uitdagings gekom nie – Lategan moes onder andere…
7 Jan 2022 3 min

Luister: SA se Lategan tweede by Dakar

Carlos Sainz het die 2022 Dakar-ren se sneltrajek 3 in sy elektriese Audi RS Q e-tron gewen. Suid-Afrika se Henk Lategan en Brett Cummings was in hulle Suid-Afrikaanse geboude Hilux T1+ bakkie net 38 sekondes agter hom in die tweede plek.
5 Jan 2022 4 min

Luister: Só staan sake by Dakar

Frankryk se negemalige wêreldtydrenkampioen, Sebastien Loeb, het Maandag die tweede sneltrajek van die Dakar-veldtydren in Saoedi-Arabië gewen.
4 Jan 2022 3 min

Wiele2Wiele ry met Citroën se C3 Aircross

Hierdie week gaan rits Wiele2Wiele rond met Citroën se C3 Aircross, gesels verder oor die BMW 4-reeks Gran Coupé en vertel vir jou hoekom Formule 1-renjaers so fiks moet wees. Dan word daar ook gesels oor die deelnemers van Suider-Afrika vir die 2022 Dakar-ren.
15 Dec 2021 24 min

Wiele2Wiele ry met BMW se 4-reeks Gran Coupé

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe BMW 4-reeks Gran Coupé, rits rond met die Nissan Navara PRO-4X en vat die pad met Toyota se Land Cruiser Prado. Hulle gesels met Darryn Binder wat ook nou volgende die Suid-Afrikaanse vlag in die MotoGP-renne omhoog gaan hou.
8 Dec 2021 25 min

Wiele2Wiele ry met Toyota se Rumion

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met twee verskillende sewesitplekvoertuie – die Mercedes-AMG GLS 63 4MATIC+ en Toyota se nuwe Rumion. Hulle spandeer ook tyd met Volkswagen se nuwe Golf 8 GTi, gee raad oor kapings en vereer ‘n legende.
2 Dec 2021 24 min

Wiele2Wiele ry met Volvo-trok

Hierdie week is daar ‘n eerste vir Wiele2Wiele – hulle ry met Volvo se 16-liter FH16-vragmotor. Audi stel sy derde oorkruis sportnutsvoertuig (CUV) bekend: die Audi Q5 en SQ5 Sportback. Hulle rits ook met die Nissan Magnite rond en dan kry hulle Dakar-koors tydens die Parys400-veldren.
24 Nov 2021 25 min

Wiele2Wiele ry met Peugeot se nuwe bakkie

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe Peugeot Landtrek-bakkie, beleef die ‘Meester van Afrika’ met Toyota se Land Cruiser 300 en hou kompetisie met die Toyota Rav4 Hybrid. Hulle gesels ook met Kirsten Landman wat die Suid-Afrikaanse vlag by die 2022 Dakar-ren omhoog gaan hou. Sy is die enigste…
17 Nov 2021 25 min

Wiele2Wiele ry met nuwe Hyundai i20

Hierdie week gaan rits Wiele2Wiele rond met die oulike nuwe Hyundai i20-buksie en Mercedes-Benz se GLB 220d kompakte sportnuts. Hulle gesels ook met Ross Holgate wat sopas vertrek het op ‘n 30 000 km-ekspedisie saam met sy bekende pa, Kingsley Holgate, met hulle Land Rover Defenders. Die span gesels ook…
3 Nov 2021 25 min

Wiele2Wiele ry met Ford Ranger Raptor SE in Karoo

Hierdie week gaan speel Wiele2Wiele met die Ford Ranger Raptor SE in die Tankwa Karoo. Hulle gaan ry ook met die Land Rover Defender 90 en met ‘n vuurwa – die Mercedes-AMG GLE 63 S 4Matic+ Coupe.
27 Oct 2021 24 min

Wiele2Wiele ry met GR Yaris en Eclipse Cross

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor “GTS” se ryk geskiedenis met die bekendstelling van die nuwe Porsche 911 GTS-reeks. Hulle spandeer ook kwaliteittyd met Toyota se GR Yaris-buksie en gaan ry met die Mitsubishi Eclipse Cross.
20 Oct 2021 24 min

Wiele2Wiele ry met Macan en X3

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die splinternuwe Porsche Macan en met die BMW X3. Hulle beleef ook die opgeknapte Ford Everest Sport en dan gesels hulle oor die toetse wat nuwe voertuie moet ondergaan en gee raad oor hoekom jy die regte motorfietskleredrag en -toerusting nodig het.
13 Oct 2021 25 min

Wiele2Wiele ry met nuwe Alfa Romeo’s

Wiele2Wiele gaan ry met Alfa Romeo se opgeknapte Giulia en Stelvio. Hulle raak ook opgewonde oor Audi se vyfsilinder RS Q3, gesels veldren-aksie, turbo-enjins en ook oor al die jongste motorfietsnuus.
6 Oct 2021 24 min

Wiele2Wiele ry met die Fiat 500

Hierdie week in Wiele2Wiele gesels die span oor die nuwe Toyota Gazooo Racing Hilux-bakkie vir die 2022 Dakar-ren. Hulle gaan ry met ‘n klein maar stylvolle tweesilinder-karretjie, die Fiat 500, en ervaar ook een van die kompakte sportnutsleiers, die Kia Sonet. Mini het ook hulle drie- en vyfdeur luikrug en…
29 Sep 2021 25 min

Wiele2Wiele ry met die Ranger Stormtrak

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die langverwagte Toyota Land Cruiser 300 en verken die Oos-Kaap met Ford se nuwe Ranger Stormtrak. Hulle gesels ook oor die jongste Perdekrag-episode en die doel van rolstawe.
22 Sep 2021 25 min
200 – 220