Maroela Media Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.
Weekly Afrikaans South Africa Automotive
371 Episodes
240 – 260

Wiele2Wiele ry met 'n Suzuki, 'n Peugeot en 'n Ford

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Suzuki se gewilde Swift wat nou ‘n nuwe voorkoms en meer bykomstighede het. Hulle gaan ry ook met Peugeot se pragtige nuwe 3008 kompakte sportnuts en Ford se EcoSport Ambiente Auto. In 2Wiele word daar oor KTM se nuwe modelle gesels.
21 Apr 2021 24 min

Wiele2Wiele ry met vuurwarm Mercedes-AMG A 45 S

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die vuurwarm Mercedes-AMG A 45 S en vat dan die pad met die Ford Tourneo Custom-bussie en Audi se Q3 Sportback kompakte sportnuts. Hulle gesels oor petrol- en dieselpompkalibrasie en kry hulle hande vuil vir 2Wiele.
6 Apr 2021 24 min

Wiele2Wiele toets ’n 4x4-koning

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met ʼn 4x4-koning wat ʼn ryke geskiedenis van 41-jaar het – die Mercedes-Benz G 400d.
30 Mar 2021 24 min

Wiele2Wiele gesels Opel, Volvo en Lexus

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Opel se nuwe Corsa, Volvo se XC40 Recharge wat op pad is en Lexus se pragtige IS 300H sedan. Hulle deel ‘n kliënt se ‘stap die ekstra myl’-ervaring en gesels ook oor nasionale motorfietsrenne.
29 Mar 2021 23 min

Wiele2Wiele gesels oor nuwe VW Amarok

Wiele2Wiele ry hierdie week met ‘n wolf in skaapsklere – VW se nuwe Amarok V6-bakkie, asook met die Audi A4 35 TFSI. Die Porsche Taycan Cross Turismo en Toyota Urban Cruiser is onlangs bekendgestel en hulle vertel jou meer. Die nuwe hoof van Sumitomo Rubber SA kuier in die ateljee…
16 Mar 2021 24 min

Wiele2Wiele: Peugeot 208 vs. Hyundai Creta

Hierdie week tydens Wiele2Wiele is daar ‘n kompetisie tussen twee kompakte sportsnutse – Peugeot se 2008 en Hyundai se Creta. Daar word met Toyota se Land Cruiser Prado in die boendoes gaan ry, daar is 'n lusmakertjie vir die volgende episode van Perdekrag en hulle gesels oor die ‘CEO Wheelchair…
10 Mar 2021 25 min

Wiele2Wiele kry Jan Alleman se indrukke van Brezza, Caravelle

Hierdie week hoor Wiele2Wiele wat dink Dawie Senekal van Suzuki se nuwe Vitara Brezza, Carl gaan ‘vlieg’ besigheidsklas met Volkswagen se luukse Caravelle, hulle gesels oor 3-silinder enjins en raak opgewonde oor die koms van KTM se 1290-modelle.
3 Mar 2021 23 min

Wiele2Wiele kry Jan Alleman se indrukke van Brezza

Hierdie week hoor Wiele2Wiele wat dink Dawie Senekal van Suzuki se nuwe Vitara Brezza, Carl gaan ‘vlieg’ besigheidsklas met Volkswagen se luukse Caravelle, hulle gesels oor 3-silinder enjins en raak opgewonde oor die koms van KTM se 1290-modelle.
3 Mar 2021 23 min

Wiele2Wiele ry met die Kia Picanto X-line

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Kia se Picanto X-line wat nou opgedollie is en sy kompetisie – Ford se Figo Freestyle. Swart is nou mooi in Toyota se Fortuner, jou voertuig se uitlaatsisteem is nie volledig sonder ‘n mooi ‘tip’ nie en hulle gee raad vir jou motorfiets-projek.
23 Feb 2021 25 min

Wiele2Wiele gesels oor Suzuki se Brezza

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor die nuwe Suzuki Vitara Brezza en Peugeot se pragtige 2008. Hulle saal ‘n nuwe perd op met Perdekrag, gesels aërodinamika en Kirsten Landman inspireer jou vir 2Wiele.
16 Feb 2021 25 min

Wiele2Wiele gesels oor 'n gepantserde Fortuner

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor ‘n Fortuner wat gepantser is, Ford wat R15,8 miljard in Suid-Afrika belê en die Toyota-droommotor-kunskompetisie. Hulle gee vir jou wenke oor hoe jy jou voertuig langer kan laat hou en daar is ook motorfietsnuus.
9 Feb 2021 23 min

Wiele2Wiele gesels oor die Mercedes-AMG A35

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor ‘n vinnige sedan – die Mercedes-AMG A35 – en dan verlaat hulle die teerpad met Mitsubishi se Pajero Sport. SVI Engineering en Ford SA vat hande om jou veilig te hou en Toyota SA deel goeie nuus tydens hulle SOMI-konferensie.
2 Feb 2021 25 min

Wiele2Wiele ry met Suzuki se Baleno, Vitara Turbo

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Suzuki SA se verkoopsyfers wat in 2020, te midde van die Covid-19-pandemie, toegeneem het en gaan ry dan ook met hulle Baleno en Vitara Turbo. Hulle gesels oor die Renault Duster TechRoad wat hulle beïndruk het, gee raad oor DPF-filters en gesels met Clinton Pienaar…
27 Jan 2021 25 min

Wiele2Wiele ry met Honda se WR-V en gesels Dakar

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor die Honda WR-V waarmee hulle tydens die feesseisoen rondgerits het en gaan kyk na die hoogtepunte, laagtepunte en inspirasie-oomblikke van die 2021 Dakar-veldtydren. Hulle gee ook vir jou goeie raad en gesels oor ‘n nuwe motorfiertsprojek.
19 Jan 2021 24 min

Luister: Sainz wen eerste skof van Dakar

Jeanette Kok-Kritzinger van Wiele2Wiele en Stephie Vetter van die Southern Africa Dakar Group hou ons op hoogte van wat in die Dakar-tydren gebeur en hoe dit met ons Suider-Afrikaanse deelnemers gaan.
4 Jan 2021 3 min

Wielie2Wiele deel 2020-hoogtepunte

Ten spyte van ‘n moeilike jaar wêreldwyd, kyk Wiele2Wiele terug na hulle 2020 Wiele-hoogtepunte. Hulle deel ‘n inspirerende storie oor ‘n seuntjie wat se droom 51 jaar later bewaardheid is en Dunlop Tyres gee wenke wat selfs jou kroos op die langpad sal besig hou.
22 Dec 2020 22 min

Wielie2Wiele ry met nuwe Fortuner en Volvo se XC60

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor ‘n voertuig wat sy verrigting onder ‘n dekmantel wegsteek – Audi se S6-sedan. Hulle gaan ry ook met Toyota se nuwe kragtiger Fortuner en met Volvo se luukse XC60-sportnuts. Die span vertel jou ook meer oor die Kyalami-9-uur-uithouren en gesels met die manne van Toyota…
17 Dec 2020 25 min

Wielie2Wiele ry met BMW se nuwe 4-reeks en opgeknapte Kia Rio

Hierdie week vir Wiele2Wiele rol die wiele saam met Ford SA om ‘n verskil te maak met hulle “RangeHER Drives with a Mission”-projek. Hulle gaan ry ook met BMW se nuwe 4-reeks, Kia se opgeknapte Rio en vertel jou hoe jy musiek met ‘n uitlaatsisteem kan maak.
9 Dec 2020 25 min

Wielie2Wiele gesels oor VW, Hyundai en Toyota se nuwe modelle

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele rol die wiele teen ‘n spoed met drie bekendstellings – Volkswagen se langverwagte T-Roc in hulle T-sportnuts reeks, Hyundai se spliternuwe Creta en Toyota se nuwe intree A-segment-model, die Agya.
2 Dec 2020 25 min
240 – 260