GROOTfm 90.5 Route326 met Francois en Anelma

Route326 met Francois en Anelma

Route326 met Francois en Anelma is ń spontastiese vermenging van onvoorspelbaarheid en tendense sonder grense. Hierdie dinamiese duo vergesel jou van drie tot ses en kleur jou laatmiddag in met konteks, kief klanke en koel kwinkslae. Hulle gesels met die OG's en die VIP's en bewys nie almal hoef te peak in matriek nie. Wees daar of wees ń blaar.
Monthly Afrikaans South Africa Music
860 Episodes
780 – 800

Min Shaw kuier in Gister Se Grotes

In die boek 50 Stemme (Die grootste name in Afrikaanse musiek) skryf Ilza Roggeband dat Min Shaw op haar dag die grootste ster in Suid-Afrika was. “Met die een trefferplaat na die ander en rolle in van die gewildste Afrikaanse flieks ooit, was sy ‘n huishoudelike naam.” Daarom is dit…
14 Apr 2019 20 min

André Swiegers kuier in Gister Se Grotes

André Swiegers het in 1990 sy deurbraak as liedjieskrywer gemaak, nadat Laurika Rauch sy liedjie “Blou” opgeneem en dit trefferstatus bereik het. As sanger is hy bekend vir liedjies soos “Eva” en die tong-in-die-kies treffer “Jammer om te hoor”. Maar dis nie waar sy loopbaan begin en eindig nie. Hy…
7 Apr 2019 36 min

Tobie Cronje kuier in Gister Se Grotes

Tobie Cronje… Sedert 1948… Hy was in al wat ‘n reeks, film en verhoogstuk is te sien. Hy is meestal bekend vir sy komiese aanslag, veral in klugte en die pantomimes van Janice Honeyman. Maar hy is egter ook ‘n sterk dramatiese speler soos hy weer onlangs bewys in die…
24 Feb 2019 25 min

Billy Forrest kuier in Gister Se Grotes

Hy staan bekend as die man met een gesig, maar vele name. Jy ken hom waarskynlik vir die treffer Tiny Bubbles. Maar as jy gedink het dis al waarvoor Billy Forrest bekendstaan, maak jy ‘n reuse fout. Hy is ook ‘n liedjieskrywer, musiekvervaardiger en ‘n agter-die-skerms-legende wie se lewe onlangs…
10 Feb 2019 36 min

William Blackrose kuier in Gister Se Grotes

Sy regte naam is Wilhelm Seidel, maar hy is beter bekend as William Blackrose. En wie sou kon dink dat hierdie plaaslike kunstenaar met die internasionale klank van die myn-dorpie Welkom afkomstig is. Gebore op 17 November 1971. Net weereens ‘n bewys dat groot talent uit kleindorpies kan kom. Met…
20 Jan 2019 32 min

Paul Jordaan kuier in Gister Se Grotes

Paul Jordaan is ‘n goeie vriend van die plaaslike musiekbedryf. Hy is geliefd onder almal wat sy pad kruis en is bekend vir sy agter die skerms werk as bestuurder en organiseerder van verskeie groot optredes en toere oor die jare. Hy het bydraes gelewer tot vele suksesverhale en loopbane…
4 Nov 2018 22 min
780 – 800