Gister Se Grotes: Lizz Meiring eer Franz Marx se nalatenskap

--:--
Franz Marx, die skepper van die eerste daaglikse Suid-Afrikaanse sepie 'Egoli: Plek van goud' is Sondag 26 September 2021 op die ouderdom van 78 in Pretoria oorlede. Hy het in Julie positief getoets vir Covid-19 en volgens sy broer Johan, het hy nooit weer volkome daarvan herstel nie. Hy het nog op Stellenbosch gewoon toe hy uitgevind het dat hy die virus opgedoen het. Hy het ook vier jaar gelede 'n vorm van borskanker gehad, wat intussen verwyder is, maar sy een long was weens bestraling beskadig. Hy was ook 'n akteur in flieks soos 'Jy is my liefling' en 'Die drie van der Merwes'. Hy het ook in die fliek 'Danie Bosman' teenoor Min Shaw die rol van die bekende komponis vertolk. Franz los sy seun, 'n aangenome dogter en een kleinkind agter.
26 Sep 2021 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes