Woensdae-aande tussen 20:00 en 21:00 gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor die nuutste Mediese-nuus en nooi kenners om te gesels oor verskeie mediesevelde.
Weekly
Afrikaans South AfricaNews Commentary · DocumentaryAuthored by Pieter Cloete & Dr Jaco van Niekerk
Pierre Hogewoning gesels oor EST (Emergency Support Team) se jaarlikse Arive Alive projek in Pretoria Wes. Die week gesels Dr Jaco van Niekerk, Xander Loubser en Esmaralda Burger oor dehidrasie en hoe om dit te voorkom die kers seisoen.
Die week gesels ons oor die veiligheid van kinders, onder andere hoe om KPR op 'n kind/baba toe te pas en wat om te doen ivm 'n verdrinking. Gaste soos gewoontlik: Dr Jaco van Niekerk, Xander Loubser (Best Care) en Esmaralda Burger.
Mike Bolhuis en Werner Koekemoer gesels oor hul laboratorium resultate van Herbal blend en wat die produkte bevat. Dr Carin Claasen kuier ook later in die program saam en vertel meer oor beroertes. Dr Jaco van Niekerk en Xander Loubser (Best Care) kuier in die ateljee.
Ons gesels oor die skokdwelm, "Herbal blend" wat skokgolwe in Pretoria die afgelope week veroorsaak het. Ons gesels met een van die seuns wat in een van die videos te sien is, wat tans op sosiale media die rondte doen. Ander gaste sluit in: Mariné Lourens (Maroela Media), Xander Loubser…
Skietwond trauma, die behandeling van 'n skietwond en meer. Tim Crofts van Red Rimfire, 'n vuurwapen instrukteur deel van sy kennis. Ons gesels ook vlugtig oor geestesgesondheid en die belangrikheid van die behandeling daarvan. Dr Jaco van Niekerk en Xander Loubser (Best Care) kuier saam Pieter Cloete in die ateljee.
Antoinette Joubert, Korporatiewe verhoudings bestuurder van pinkdrive.co.za gesels oor pink drive se bewusmaking rondom borskanker. Dr Hannes Jekel en Dr Jaco van Niekerk deel meer oor borskanker van 'n mediese trauma perspektief.
Jeandre Bester, 'n gerehabiliteerde dwelmverslaafde gesels oor sy ondervinding met dagga. Dr Jacques Koning, Xander Loubser (Best Care) en Dr Jaco van Niekerk gesels ook meer oor die mediese voor-of-nadele van dagga.
Pierre Hogewoning kuier in die ateljee en gesels meer oor die nie-winsgewende organisasie, EST (Emergency Support Team) en die werk wat hulle as vrywilligers in en om Pretoria doen. Dr Jacques Koning en Dr Jaco van Niekerk gesels oor Diabetes Mellitus.
Dr Adriaan Snyders kuier saam in die ateljee en ons gesels hartsake. September is nasionale hartaanval bewusmakings maand en ons gesels oor die gesondheid van jou hart. Dr Jaco van Niekerk is ook weer in die ateljee saam Pieter Cloete
Die paneel gesels oor frakture. Tommy Louw van Pretoria Crime Prevention Forum (op die toep - Zello) gesels oor misdaag die afgelope week. Gaste: Dr Jaco van Niekerk, Xander Loubser (Best Care) en Esmaralda Burger (Netcare).
Die week laat ons jou toe om vrae aan ons kenners te vra. In die ateljee is Dr Jacques Koning (Internis), Dr Jaco van Niekerk (Direkteur - Med24 Trauma eenheid), Xander Loubser (Best Care) en Esmaralda Burger (Netcare) in die ateljee.
In die week se program gesels ons oor spinale beserings en die trauma wat dit meebring. Gaste: Dr Jaco van Niekerk (Direkteur: Med24 Trauma eenheid) & Xander Loubser (Best Care).
Die week gesels Dr Jaco van Niekerk en Xander Loubser oor hoofbeserings en Esmaralda Burger vrae ook so paar kern vrae vir die twee. Tommy Louw van Pretoria Crime Prevention Forum (op die app - Zello) gesels oor die belangrikheid van een noodnommer/diens.
Vanaand gesels ons (en demonstreer) borskas trauma. Gaan loer gerus na die Facebook Live videos op GROOTfm se Facebookblad. Gaste vanaand: Esmaralda Burger, Xander Loubser (Best Care) en Dr Jaco van Niekerk (Direkteur: Med24 Trauma eenheid).
Goeie Nuus Vrydag storie: Jong kinders se toegang tot die Bybel en 'n verhouding met die Here lê vir Shania-Lee Mayoss (12) na aan die hart en daarom het sy besluit om 'n projek van stapel te stuur om meer kinders in dié opsig te help.
Irma Schutte (maatskaplikewerker) gesels oor kinder verwaarlosing. Xander Loubser (Best Care) en Dr Jaco van Niekerk gesels meer oor veiligheid mbt swangerskap en bestuur (trauma). Tommy Louw (PCPF - Pretoria Crime Prevention Forum) vertel meer oor die oorlog teen kabeldiefstal en hoe jy kan help.
Dr Jaco van Niekerk beantwoord ons Facebookvraag: Afbindtoestelle/toernikette om bloeding te stop red ledemate - Waar of Vals. Xander Loubser en Esmaralda Botha wys hoe om bloeding te stop. Ek gesels ook met Matilda Viviër van Pretoria Crime Prevention Forum (PCPF) oor misdaad tendense in en om Pretoria. Gaan loer…
18 Jul 2018
31 min
380 – 400
Agree to storing cookies on your device.
PreferencesAccept all
×
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.