GROOTfm 90.5 #GROOTtrauma & Reg of Verkeerd met Pieter Cloete

#GROOTtrauma & Reg of Verkeerd met Pieter Cloete

Pieter se radioloopbaan het in 2010 by ’n klein gemeenskapsradiostasie begin. Hy het sy vlerke gesprei en in April 2016 die Knysnabos verruil vir Pretoria se stadsliggies, waar hy weeksaande jou uitgenooi het om saam met hom te kuier op GROOTfm 90.5 vanaf 18:00 elke aand. Met sy professionele, tog gemaklike stemtoon en persoonlikheid, help hy jou vanaf Maandag, 30 Maart 2020 tussen 05:00 – 06:00 weeksoggende, om wakker te word en gereed te maak vir die dag wat voorlê.

Pieter hou jou op hoogte van wat op die paaie gebeur en deel ook relevante nuusgebeure wat deur die loop van die nag/vroegoggend plaasgevind het.

Om 05:35, deel hy daagliks inspirasie-insette deur verskeie persone soos Lindie Strydom, Elizabeth Theunissen, Jaco Strydom en Deon van der Berg.

In 2017 was Pieter ‘n finalis in die gemeenskapsradiokategorie ‘Best night time show’ by die Liberty Radio Awards en in 2018 ‘n finalis in die ATKV-mediaveertjie kategorie ‘Beste aanbieder by ‘n gemeenskapsradiostasie’. In 2019 Wen Pieter die RDMA-toekenning (Responsible Drinking Media Awards) vir die ‘verantwoordelike gebruik van alkohol’-inset, op die program GROOTtrauma (hy was ook ‘n finalis in die kategorie in 2018). Sy program, Reg of Verkeerd (Dinsdae-aande om 20:00) is ook in 2020 genomineer vir ‘n SA Radiotoekenning in die kategorie: News & Actuality program.
Weekly Afrikaans South Africa News Commentary · Documentary
380 Episodes
1 – 20

#GROOTtrauma 22 November 2023 - Irlen Sindroom

Wat is Irlen Sindroom? Dr Jaco van Niekerk as ook 'n paar gaste gesels oor die sindroom: Martelean Venter (Opvoedkundige Sielkundige), Leanne Greeff (Opvoedkundige Sielkundige) as ook Ida van der Schyf en haar seun Ian van der Schyf.
22 Nov 2023 38 min

#GROOTtrauma 25 Oktober 2023 - Downsindroom bewusmaking

Ancella Ramjas, Nasionale direkteur van die organisasie Downsydrome SA as ook Annelise Boot, administratiewe beampte van dieselfde organisasie gesels oor Downsindroom en hoekom dit belangrik is om van dié sindroom bewus te wees.
25 Oct 2023 36 min

#GROOTtrauma met Dr Jaco van Niekerk

Pieter se radioloopbaan het in 2010 by ’n klein gemeenskapsradiostasie begin. Hy het sy vlerke gesprei en in April 2016 die Knysnabos verruil vir Pretoria se stadsliggies, waar hy weeksaande jou uitgenooi het om saam met hom te kuier op GROOTfm 90.5 vanaf 18:00 elke aand. Met sy professionele, tog…
18 Oct 2023 47 min

#GROOTtrauma 04 Oktober 2023 - Kosmetiese velsorg

Dr Judey Pretorius, Biomediese wetenskaplike en produkontwikkelingspesialis met aansienlike ervaring in die dissiplines van akute, chroniese en post-chirurgiese wondgenesing, regeneratiewe medisyne en selterapie. Sy het 'n meestersgraad in genetika en molekulêre biologie gevolg deur haar PhD-graad in farmaseutiese chemie, medisyne-ontwikkeling en -ontwerp. Sy het ook 'n Gevorderde Diploma in Dermal…
4 Oct 2023 31 min
1 – 20