Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
14,130 Episodes
1600 – 1620

Die Amerikaanse regering wil hê Google moet Chrome verkoop

Pieter Geldenhuys, toekomskundige en direkteur by die Instituut vir Tegnologie, Strategie en Innovasie, verbonde aan die Da Vinci-sakeskool, verduidelik hoekom die Amerikaanse regering wil hê Google moet Chrome verkoop.
25 Nov 2024 11AM 4 min

Netcare koop aandele terug dat dit klap

Netcare het vandag winssyfers vir sy boekjaar tot einde September aangekondig, die omset was 6% hoër en die wins styg met 8%. Dr. Erich Bock, besturende direkteur van Netcare se hospitaalafdeling gesels oor die groep se resultate.
25 Nov 2024 11AM 9 min

Mynbou-aandelekry pakslae

Theo Vorster, medestigter van Galileo Capital gesels oor mynbou-aandele en Pick n Pay wat Boxer noteer.
25 Nov 2024 11AM 9 min

Kenners antwoord luisteraarsvrae

Nelis Brink, direkteur by PSG Wealth R21, Rita Cool, hoof van individuele advies-strategie by Alexforbes en onafhanklike belastingkonsultant, Piet Nel beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak.
22 Nov 2024 10AM 18 min

Hoe sal leierskap van die G20 Suid-Afrika baat?

Die G20 is 'n internasionale forum wat die grootste ekonomieë ter wêreld saambring, en Suid-Afrika neem in Desember vir die eerste keer die presidentskap van die G20 op. Senior ekonoom van PwC, Dr. Christie Viljoen gesels oor die geleentheid om buitelandse beleggings vir Suid-Afrika aan te moedig.
22 Nov 2024 10AM 7 min
1600 – 1620