Manne van die Woord - Digitaal

36 EPISODES |  Podcast, ±48 min episode every day
Ons is net gewone manne wat interkerklik saamkom om te bid, te ontvang, te groei, en mekaar te ondersteun.

Manne van die Woord is 'n interkerklike gebeds- en ondersteuningsgroep waarvan manne landwyd; wat in 'n passievolle verhouding met die Here Jesus Christus staan, en wat hul regmatige posisies as konings, priesters en profete in hul huise, werksplekke, gemeentes en gemeenskappe inneem en dat ons aanspreeklikheid aanvaar vir ons dade en besluite.

Ons help die manne om in ‘n verhouding met die Here te staan, wat sal uitvloei na hul huise, werksplekke, kerke en gemeenskappe. Die man moet koning, priester en profeet wees. Ons glo dat as ‘n man uitgesorteer is, sal alles daarna in lyn wees met God se orde.

Vlieg Hoog saam met Shahida Japtha

3 EPISODES |  Podcast, ±16 min episode every 14 hours
Ek is Shahida Japtha, ek is oorspronklik van Humansdorp in die Oos-Kaap. Ek is diensbaar te Upperroom Family Worship Centre waar ek bedien onder die herderskap van Pastor Reginald en Sharney Kapank.​

Ek is n energiekie diensmeisie van die Here wie die Here uit die greep van die satan uit gered het en van dan tot nou was en is die Here vir my goed. Ek het 2016 n egskeiding oorleef met behulp van die Here en vandag kan ek verklaar AS DIT NIE VIR DIE HERE WAS NIE, DAN SOU DIE STILTE VAN DIE GRAF ALREEDS MY TUISTE GEWEES HET. Ek het n vurige ywer om die blye boodskap, die goeie nuus, die evangelie van Jesus Christus bekend te maak en om disipels te maak van alle nasies. Ek het n brandende begeerte om mense te laat weet dat Jesus kettings kan breek, blindes laat sien, dowwes laat hoor en kreupeles laat loop. ​

Vlieg hoog is gemik om mense en meer spesifiek jongmense te laat verstaan dat hulle bedoel is vir Hoeër Hoogtes en dat hulle nooit moet toelaat dat omstandighede en die slegte ervaringe van die lewe hulle destinasie bepaal nie. Ons is Arende wat hoog vlieg en nie Hoenders wat met hul koppe in die sand loop en kos soek nie...
-Armoede het niks op u nie want u is n AREND
-Siekte het niks op u nie want u is n AREND
-Egskeiding het niks op u nie want u is n AREND
-Verwerping het niks op u nie want u is n AREND
VLIEG HOOG U IS N AREND. ​

Die anker skrif van my program is JESAJA 40:31 waar die bybel se: Maar dié wat hulle hoop op die Here stel, sal hulle krag terugkry. Hulle vlieg hoog, soos arende. Hulle sal hardloop en nie moeg word nie. Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie.​

Bankbesonderhede:
NS Japtha
Standerd Bank
Tjek Rek No 10138790254
Takkode 051001

Henry Jackson

9 EPISODES |  Podcast, ±29 min episode every 3 days
Henry Jackson, ‘n voormalige pastoor, sakeman en boer in Zimbabwe, woon tans in Suid-Afrika, nadat nog ‘n grondbesetting in Zimbabwe hom gedwing het om sy vaderland te verlaat.

Hy en sy vrou, Mandy, woon tans in die Karoo van waar hulle breedvoerig reis. Hulle bediening is hoofsaaklik onder boere in afgeleë gebiede en mense in nood. Die egpaar is reeds vir meer as veertig jaar in deeltydse of voltydse bediening en het breedvoerige ervaring in die bediening in die werksplek. Hul vier kinders en nege kleinkinders woon almal in Nieu-Seeland.​

Kontak vir Henry per epos: hdandmjackson@gmail.com

Bank besonderhede:
Henry Jackson
Absa bank
Tjek Rek No 9193914208

Baasraak saam Coach Freek

8 EPISODES |  Podcast, ±54 min episode every 1 week, 3 days
Coach Freek se aangrypende lewensverhaal het aan hom die platform gebied om al vir 19 jaar ‘n inspirasie te wees vir baie. Dit bemoedig oud en jonk in tronke, skole, kolleges, universiteite, rehabilitasie sentrums, sport spanne, kerke en besighede met ‘n kragtige boodskap van hoop! 

Coach gesels met mede Baasrakers, oor hoe hulle omstandighede, uitdagings, probleme en terugslae in hulle lewe baas geraak het deur God se genade.

Second Chance Podcast with Coach Freek

3 EPISODES |  Podcast, ±1 hr 21 min episode every 1 hour
God is a God of second chances. He brought Jesus to give the world a second chance, and He is here now to give all sinners a second chance, to take away your sin and make you new. It’s never too late to take ahold of your second chance life.

Coach Freek speaks to people who got a 2nd Chance in life and took it with both hands. People who testifies that God's mercy rewrote their lives.

Hope Again Recovery Centre

2 EPISODES |  Podcast, ±1 hr 06 min episode every 1 hour
Hope Again Recovery Centre is a long term substance abuse recovery Centre. We believe that God is the only one that can set a person free from the prison of addiction and our whole program is structured in such a way to allow for this.

Aanbid saam met Dawie

1 EPISODES |  Podcast
Hallo my naam is Dawie Fourie. Laat my toe om jou so bietjie van myself te vertel. ek is gebore op 12 Augustus 1966 in Krugersdorp Gauteng, Een van ‘n identiese tweeling. Van kindsbeen af versot op musiek, en dit het sy hoogte punt gekry toe ek geleer was om Vader in Gees en Waarheid te kan aanbid.

Getroud met Yvette, en pa van twee kinders, Marlize en Juan en skoonseun Arno, en ook oupa van drie klein kinders, Tristian, Reuben en Mielahn. Het in 1990 tot die voltydse bediening toe getree, en is tans ‘n Kapelaan by SAPD Hoof Kantoor in Pretoria en verantwoordelik vir die opleidings basisse landwyd. Ek is ook mede leraar van Grace Outreach Gemeente, ‘n familie bediening wat ek en ‘n vriend van my in 1993 begin het. Musiek vorm ‘n baie groot deel van my lewe, en is ook ‘n groot instrument vir die verkondiging van die Evangelie van Christus. Ek is daagliks daarmee besig, en gebruik dit oral waar ek besoek in die werks omgewing en kerk om mense om my te vergarder in aanbidding tot ons Koning. Ek het reeds drie cd’s opgeneem, en is baie trots daarop.

10 channels