Lunch Punch: Tasha oor Ek Moet Weet

Tasha het harte gewen tydens Die Kontrak, Coleske Artists se realiteitsangkompetisie en is besig om haar merk as talentvolle kunstenaar te maak. Sy het in verskeie van die episodes lof ontvang vir haar optredes. Sy volg haar eerste enkelsnit "Die Uitsondering" op met 'n liedjie uit die pen van twee nefies Riaan Benade en Marno van der Merwe. Sy kom stel "Ek Moet Weet" op GROOTfm bekend en bring haar kitaar saam om ons akoesties met een van haar persoonlike gunstelinge te vermaak.