
Jan Blohm: ‘Jenny’ speel soos ʼn ‘fliek in my kop af’
Met sy jongste album, Jenny, wou die musikant Jan Blohm ʼn storie vertel van ʼn jong, verliefde paartjie op De Aar in die Karoo – ʼn storie wat al langer as 15 jaar by hom spook.