
Student vat verkope van handboeke, skep wen-sakeplan
Loading player...
Die 21-jarige Darren Minders het met Die Boekemark die kategorie vir nuwe ondernemingsidees in Akademia se 2026-sakeplankompetisie gewen. Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels met hom oor die ontstaan van sy onderneming, die lesse agter die syfers en waarom ’n goeie sake-idee soms eers behoorlik uitmekaargehaal moet word voordat dit kan groei.

