Boekvoorlesing: 'Offers vir die vlieë' deur Fanie Viljoen

Loading player...
Eliam en sy vriende is op pad na die Front om in die oorlog te veg waarvoor hulle al van kleins af brutale opleiding ontvang. Offers vir die vlieë is 'n distopiese jongvolwasseverhaal wat temas soos brutaliteit, geweld, marteling, vernedering, ook ’n verlies van die self en ’n eie identiteit, aanspreek. Viljoen lees uit die manuskrip voor. Die boek word in September 2020 deur Lapa Uitgewers uitgegee.
28 Feb 2020 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

SkoolSlim | Kultuur en kapitaal werk saam in ons skole

Kan ʼn sterk skoolkultuur belangriker as kapitaal wees? Volgens Henk Schalekamp, besturende direkteur van Kanton Beleggings, is die antwoord ʼn besliste ja. In die jongste episode van SkoolSlim gesels dr. Leandie Bräsler van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) met Schalekamp oor die verhouding tussen kultuur en kapitaal in skole en waarom…
19 Jun 9 min

SkoolSlim | Robotika in die klaskamer begin nie by ʼn robot nie

Dit is ʼn praktiese SkoolSlim-episode vir onderwysers wat graag met robotika wil begin, maar onseker is hoe om die eerste tree te gee. In dié episode van SkoolSlim gesels Melanie Kroukamp, onderwysspesialis van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS), oor hoe onderwysers robotika-denke reeds in hul klaskamers kan aanwakker deur probleemoplossing, kreatiwiteit,…
15 Jun 7 min