GNV: AfriForum se Oos-Moot-, Wes-Moot- en Pretoria-Wes-buurtwag maak Zandfontein-begraafplaas veilig en skoon!

Loading player...
GROOTFM 90.5 vier vandag GOEIEnuus-Vrydag en fokus daarop om soveel as moontlik goeie nuus en inspirerende stories van hoop te deel.

AfriForum se Oos-Moot-, Wes-Moot- en Pretoria-Wes-buurtwag het op 1 September 2019 ’n sigbaarheidspatrollie by die Zandfontein-begraafplaas gehou nadat gemeenskapslede AfriForum ingelig het dat hulle onveilig voel by begraafplase.

Volgens Andries Opperman, voorsitter van AfriForum se Oos-Moot-buurtwag, is die grootste probleem aggressiewe bedelaars wat by stopstrate staan en die publiek terroriseer wat die begraafplaas besoek. Hy sê “Die bedelaars teiken veral vroue wat alleen is en ouer mense wat by die begraafplaas inry. Daar is ook gerugte dat hulle die mense intimideer en hul karre skop om so geld uit hulle te kry.”

Die drie buurtwagte het gesamentlik gekoördineer om die begraafplaas te beveilig en het sommer ook skouer aan die wiel gesit om vuilgoed op te tel en die plek netjies te maak.

Johan Liebenberg, voorsitter van AfriForum se Wes-Moot-buurtwag, sê hierdie tipe aksies bevorder samewerking en verhoog die gemeenskap se weerbaarheid. Hy sê: “Dit is vir ons as buurtwag belangrik dat die gemeenskap veilig moet voel as hulle die begraafplaas besoek.

STUUR GERUS JOU GOEIE NUUS NA info@grootfm.co.za
6 Sep 2019 Afrikaans South Africa News Commentary · Documentary

Other recent episodes

#GROOTtrauma | 1 Julie

In hierdie episode van #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco oor: >Mediese Vasvrae Vraag - Watter orgaan in die menslike liggaam is by geboorte amper dieselfde grootte as in volwassenheid? >Ashwagandha: Natuurlike hulpmiddel of nuwe gesondheidsrisiko? >Dr Ben Moodie - Baanbreker-operasie gee nuwe hoop vir Alzheimer-lyers >Dr Jaco se wenk…
1 Jul 41 min

#GROOTtrauma | 24 Junie 

In hierdie episode van #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco oor: >Mediese Vasvrae Vraag - Waar of Onwaar Griep en verkoue is dieselfde ding — dit is net verskillende terme wat dieselfde siekte beskryf. >Cauliflower ear: ’n gevaarlike tendens onder mansIntro: >Dokter waarsku teen energie-drankies vir kinders ná 13 jarige-leerder…
24 Jun 43 min

#GROOTtrauma | 17 Junie

In hierdie episode van #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco oor: >Mediese Vasvrae Vraag - Watter liggaamsdeel verloor die vinnigste hitte as dit nie bedek is in baie koue toestande nie? >Nuwe MIV-inspuiting GROOT deurbraak vir S.A. >Scleroderma bewusmakingsweek >Moet ek nog steeds water drink in die winter? >Dr Jaco…
17 Jun 39 min

#GROOTtrauma | 10 Junie

In hierdie episode van #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco oor: >Mediese Vasvrae Vraag - Watter oogtoestand veroorsaak dat die natuurlike lens van die oog geleidelik waserig word? >Comrades 2026: Wat Gebeur Regtig met Jou Liggaam >Wat is ‘n Pulmonale Embolisme? >CPR en AED bewusmaking >Dr Jaco se wenk vir…
10 Jun 49 min

#GROOTtrauma | 3 Junie

In hierdie episode van #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco oor: >Mediese Vasvrae Vraag - Watter noodhul-tegniek word gebruik wanneer iemand verstik en nie kan asemhaal nie? >Wêreld Melkdag >Wat is sepsis? >Is Dit Uitbranding... of Jou Skildklier? >Dr Jaco se wenk vir die week
3 Jun 39 min