
Mandela Dag - SPAR Northrand
--:--
SPAR Northrand het besluit om vir Madibadag 154 van hulle winkels uit te daag om blikkies kos te skenk vir GROOTfm90.5 se #lositbeter projek! Ons het by hulle ‘n draai gaan maak waar 'n span van 18 mense al van vroeg die oggend die telefone wit warm gebel het om seker te maak ons kan 'n hele paar leë koskaste bietjie beter los as wat ons dit gekry het... 'n Baie opwindende "telethon" en teen 10:30 het SPAR se kosspesialis en ook die dryfveer agter hierdie inisiatief, Karien Strydom, gesê hulle het reeds drie keer meer as hulle aanvanklike doelwit behaal met nog 'n hele paar winkels wat gebel moet word!