Mandela Dag - SPAR Northrand

Loading player...
SPAR Northrand het besluit om vir Madibadag 154 van hulle winkels uit te daag om blikkies kos te skenk vir GROOTfm90.5 se #lositbeter projek! Ons het by hulle ‘n draai gaan maak waar 'n span van 18 mense al van vroeg die oggend die telefone wit warm gebel het om seker te maak ons kan 'n hele paar leë koskaste bietjie beter los as wat ons dit gekry het... 'n Baie opwindende "telethon" en teen 10:30 het SPAR se kosspesialis en ook die dryfveer agter hierdie inisiatief, Karien Strydom, gesê hulle het reeds drie keer meer as hulle aanvanklike doelwit behaal met nog 'n hele paar winkels wat gebel moet word!
18 Jul 2019 6AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

Zander Van Der Westhuizen gesels met Zakhe Mazibuko

Zander Van Der Westhuizen het vanaand op die Gospelprogram met Zakhe Mazibuko gesels oor die werk van PEN in die middestad van Pretoria. Zakhe Mazibuko het ook sy ongelooflike getuienis gedeel en vertel wat hy glo is die oplossing vir misdaad in Suid Afrika.
28 Apr 2AM 32 min