#JouMenseMyMense saam met SPAR – die versorgers van Wollies – 21 Mei 2019

--:--
Wollies se oorspronklike doel toe Cilla Trexler in 2003 begin het, was om so veel as moontlik diere te steriliseer. Dit het egter nie daar gestop nie. Sy en haar span het meer en meer betrokke geraak om verwaarloosde en mishandelde diere te help en so het hulle spoedig ontwikkel tot ‘n volskaalse operasie en niewinsgewende organisasie wat vandag bekend staan as “Wollies Animal Shelter” – ‘n diereskuiling in Pretoria-Noord wat sonder enige regeringshulp ‘n veilige hawe vir amper 700 honde en katte bied tot elkeen van hulle ‘n permanente liefdevolle huis kry.

Wollies glo sterk dat mense opgevoed moet word oor die voordele van sterilisasie en as dit meer bekostigbaar was, sou daar minder verwaarloosde en mishandelde diere op straat gewees het.

Die diere wat hier is, was ongelukkig meestal aan geweldige wreedheid blootgestel, maar die versorgers wat hier dien met van drukkies tot lekker lang stapsessies sal nie opgee tot elke dier van die trauma herstel het nie. Hulle belofte aan hierdie diere is dat hulle nooit weer honger sal wees nie, nooit weer mishandel sal word nie en altyd ‘n warm bed en die liefde en aandag sal kry wat hulle verdien. Die kennels is ruim sodat ‘n paar honde saam kan bly en speel. Die voordeel natuurlik dat hulle sosiaal ontwikkel en makliker by ‘n gesin aanpas wat reeds ander honde het. Ook die katte het die mooiste huisies met blom beddens, maar ‘n liefdevolle omgee gesin sal steeds vir hulle die beste huis wees.

Hulle werk stop nie net by die skuiling nie. Hulle staan arm gemeenskappe by om hulle diere by die veearts uit te kry en te help met kos indien nodig. Hulle help tans 100 behoeftige gesinne om hulle troeteldiere te kan versorg. Hulle het al by 4 informele nedersettings in Pretoria-Noord gehelp met suksesvolle sterilisasieprogramme en in Oktober 2019 maak hulle weer so tydens die National Animal Week. Hulle gee selfs ‘n sak kos en ‘n kombers as hulle gehelp het om ‘n dier te steriliseer.
21 May 2019 6AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

Alzheimers SA

Jennifer Myburgh het met Marlene Freislich Hoof uitvoerende beampte van Alzheimers SA gesels oor Dimensie.
18 May 2023 9AM 17 min

FinFix Wenner

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
1 Sep 2022 7AM 7 min

Zander van der Westhuizen gesels met Jenna-Leigh Bilong oor vrouwees

Zander van der Westhuizen gesels met Jenna-Leigh Bilong oor vrouwees, die bediening en haar getuienis van “goedheid en guns”. Jenna-Leigh is bekend as radio persoonlikheid, televisie-nuusleser en nuwe aanbieder van die Die Groot Ontbyt. Luister gerus hoe sy vertel van haar rol as pastoor, ma, aanbieder, skrywer en sanger. Die…
15 Aug 2022 1AM 25 min

GrootPoot met Sonet - 9 Julie 2022 - Dr Yolandi Rautenbach

In GROOTpoot gesels ons met Dr Yolandi Rautenbach, senior lektor in patologie by die Onderstepoort Veearts-fakulteit en hoof van die Onderstepoort Bloedbank. Luister hier om meer uit te vind oor die onderskeie bloedgroepe in diere, en hoe jou troeteldier kan kwalifiseer om ‘n skenker te word.
9 Jul 2022 2AM 14 min