Goeie Nuus Vrydag – 26 April 2019 – Martie Venter

--:--
Martie se gesondheidstryd het 2 weke na haar geboorte begin toe sy ‘n bloedoortapping moes kry. Daar was komplikasies wat Atetose meegebring het en Martie se balans, gehoor en spraak aangetas het. Sy is op 19 jarige ouderdom - 29 jaar gelede - die eerste keer met kanker gediagnoseer: o.a. baarmoederkanker, borskanker, maagkanker tot waar sy die afgelope 4 jaar geen meer vaste kos kan eet nie. In 2018 het die kanker na haar kliere en die res van haar liggaam versprei en verloor sy die gebruik van haar dominante hand, maar sy bly die mees positiewe mens wat jy in jou lewe sal ontmoet.

Ons vriende van SPAR het gesorg vir ‘n R1000 geskenkaart, ‘n anonieme borg het gehelp met die koste van ‘n week lange limfdreineringbehandeling vir verligting van haar pyn en met ‘n vinnige oproep na ons vriende van Binnelanders kon ons een van haar groot drome help bewaarheid – ‘n besoek aan die stel van Binnelanders. Hoor bietjie wat het sy en haar vriendin Ria van hierdie belewenis gedink en dan die ekstra goeie nuus: Vision Properties wat R5000 skenk vir Martie se huur!
26 Apr 2019 8AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

Alzheimers SA

Jennifer Myburgh het met Marlene Freislich Hoof uitvoerende beampte van Alzheimers SA gesels oor Dimensie.
18 May 2023 9AM 17 min

FinFix Wenner

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
1 Sep 2022 7AM 7 min

Zander van der Westhuizen gesels met Jenna-Leigh Bilong oor vrouwees

Zander van der Westhuizen gesels met Jenna-Leigh Bilong oor vrouwees, die bediening en haar getuienis van “goedheid en guns”. Jenna-Leigh is bekend as radio persoonlikheid, televisie-nuusleser en nuwe aanbieder van die Die Groot Ontbyt. Luister gerus hoe sy vertel van haar rol as pastoor, ma, aanbieder, skrywer en sanger. Die…
15 Aug 2022 1AM 25 min

GrootPoot met Sonet - 9 Julie 2022 - Dr Yolandi Rautenbach

In GROOTpoot gesels ons met Dr Yolandi Rautenbach, senior lektor in patologie by die Onderstepoort Veearts-fakulteit en hoof van die Onderstepoort Bloedbank. Luister hier om meer uit te vind oor die onderskeie bloedgroepe in diere, en hoe jou troeteldier kan kwalifiseer om ‘n skenker te word.
9 Jul 2022 2AM 14 min