#JouMenseMyMense – Martie Venter – 23 April 2019

--:--
Martie se German Sherperd, Flekkie keer eers beskermend by die voordeur van haar woonstel voor ons as’tware sy toestemming het om in te stap. Ons weet nie heeltemal wat om te verwag nie. Amper soos Ria toe Martie daardie eerste dag voor haar huis stop om na die woonstel te kom kyk. Sy kon nie mooi hoor wat Martie oor die foon probeer sê nie. As jy haar ontmoet sien jy eers net haar vriendelike gesig met oë wat lag voor jy besef haar lyf het seer. Sy het daardie dag kort na “aangename kennis” vir Ria en haar man verduidelik hoe siek sy is en hoe sy sukkel om blyplek vir haar en haar hond te kry. Dit was 6 maande gelede. Vandag voel ons saam met Martie en Flekkie tuis in hulle huisie in Villieria terwyl Ria vertel van hulle vriendskap wat vir haar ‘n daaglikse inspirasie geword het.

Martie se gesondheidstryd het 2 weke na haar geboorte begin toe sy ‘n bloedoortapping moes kry as gevolg van geelssug. Daar was komplikasies wat Atetose meegebring het. Martie se balans, gehoor en spraak is aangetas. Sy is deur skoolmaats en selfs familie gespot en na haar ouers 3 weke uitmekaar aan kanker oorlede is, moes sy die lewe se uitdagings alleen trotseer.

Sy is 29 jaar gelede die eerste keer op 19 jarige ouderdom met kanker gediagnoseer: baarmoederkanker en toe die histerektomie, borskanker en toe die dubbele masektomie net om 3 weke later te hoor die kanker is terug. Later maagkanker tot waar sy die afgelope 4 jaar geen meer vaste kos kan eet nie. In 2016 het sy geval en dokters het gesê sy sal nooit weer loop nie, maar sy het opgestaan. In 2018 het die kanker na haar kliere en die res van haar liggaam versprei en verloor sy die gebruik van haar dominante hand.
23 Apr 2019 7AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

Alzheimers SA

Jennifer Myburgh het met Marlene Freislich Hoof uitvoerende beampte van Alzheimers SA gesels oor Dimensie.
18 May 2023 9AM 17 min

FinFix Wenner

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
1 Sep 2022 7AM 7 min

Zander van der Westhuizen gesels met Jenna-Leigh Bilong oor vrouwees

Zander van der Westhuizen gesels met Jenna-Leigh Bilong oor vrouwees, die bediening en haar getuienis van “goedheid en guns”. Jenna-Leigh is bekend as radio persoonlikheid, televisie-nuusleser en nuwe aanbieder van die Die Groot Ontbyt. Luister gerus hoe sy vertel van haar rol as pastoor, ma, aanbieder, skrywer en sanger. Die…
15 Aug 2022 1AM 25 min

GrootPoot met Sonet - 9 Julie 2022 - Dr Yolandi Rautenbach

In GROOTpoot gesels ons met Dr Yolandi Rautenbach, senior lektor in patologie by die Onderstepoort Veearts-fakulteit en hoof van die Onderstepoort Bloedbank. Luister hier om meer uit te vind oor die onderskeie bloedgroepe in diere, en hoe jou troeteldier kan kwalifiseer om ‘n skenker te word.
9 Jul 2022 2AM 14 min