#JouMenseMyMense saam met SPAR – Tannie Triena

Loading player...
Toe ons om die hoek kom met die bos blomme en geskenksakkie vol bederf om vir 79-jarige Tannie Triena by haar huis te verras, is sy aan die werk in die kombuis - presies soos haar dogter Cornel se briefie vertel het. Sy doen steeds alles self, maar dié wat haar goed ken sal weet, die laaste 7 jaar het aan haar lyf gevat…

Dit het begin by haar man wat sy tot die dag van sy dood in September 2012 tuis versorg het. Hy het Alzheimers gehad en nie meer geweet wie sy is nie, maar sy het alles vir hom gedoen. Vyf jaar later – ook in September, is haar oudste seun Gerhard oorlede aan ‘n hartaanval. Hy het ‘n vergrote hart gehad en ook hom het sy tuis versorg tot 2 dae voor sy dood.

Vandag woon haar twee dogters by haar. Cornel wat blind is, het haar werk verloor in 2010 en haar jonger sus, Carien is April laas jaar met ‘n aggressiewe pankreaskanker gediagnoseer. Carien is ‘n gekwalifiseerde verpleegster wat self met kankerpasiënte gewerk het. Sy het aanvanklik vir die chemo-behandeling gegaan, maar dit het haar so siek gemaak dat sy besluit het om die behandeling te stop om eerder kwaliteit tyd met haar familie deur te bring. Ook hulle jongste boetie, MJ het al prostaatkanker gehad en kry epileptiese aanvalle as gevolg van die blasie op sy brein en ousus Wilna het Desember gehoor haar man se werk verplaas hulle oorsee.
26 Mar 2019 9AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

Zander van der Westhuizen gesels met Brent Dawes -1 Februarie

Zander van der Westhuizen het tydens die Gospel-program gesels met Brent Dawes - die mede-regisseur en skrywer van die nuwe animasie-film: David. Brent vertel tydens die onderhoud hoe die droom ontstaan het en ’n werklikheid geword het. Luister ook hoe die film deur honderde kunstenaars gebou is en hoe Phil…
1 Feb 2PM 15 min

Zander van der Westhuizen - 9 November

Op Sondagaand se Gospelprogram het Zander van der Westhuizen met Dr Marinda van Niekerk en Mientjie & Wouter Prozesky oor die stryd vir Baba-reddingsbokse gesels. Marinda is van PEN en Mientjie & Wouter van Rock of Hope. Hulle organisasies doen wonderlike werk in Pretoria. Roelene Botes het ook haar getuienis…
9 Nov 2025 2PM 32 min