#JouMenseMyMense saam met SPAR – 12 Maart – Huis Gideon

--:--
Huis Gideon se hoofdoel is die skep van ‘n liefdevolle en veilige omgewing waar getraumatiseerde kinders wat slagoffers van erge mishandeling en verwaarlosing was, geborgenheid en stabiliteit kan vind en sodoende weer kan leer om te vertrou. Die 6 kinders wat hier woon, het almal ouers, maar is weens hulle haglike omstandighede verwyder. Een van die 10-jarige dogtertjies was al in 4 verskillende kinderhuise, maar die een na die ander huis het toegemaak en elke keer moet sy weer van vooraf begin…

Die span van Huis Gideon en huisma, René Odendaal, probeer ‘n huis skep wat so na as moontlik aan ‘n normale gesin funksioneer, ten volle geïntigreer in hulle gemeenskap - hulle gaan skool toe en kerk toe, doen huiswerk en speel sport, leer belangrike lewensvaardighede, maar ook hoe om net weer kind te wees en hoe om ‘n lewe van sin en betekenis te leef.

“Ons ontwikkel leiers wat doelwitte stel en vorentoe kyk,” sê sielkundige Tia Gruenenfelder, wat op die diereksie van Huis Gideon dien. “

En ook as huisgesin kyk, dink, beplan en werk hulle saam vorentoe ten opsigte van die behoeftes in die huis. Hulle ontvang ‘n minimale subsidie van die staat en skenkings en donasies van kerke en ander organisasies, maar soos gereelde donateurs self begin sente draai en bydraes verminder, moet hulle nog verder sny en nog meer planne maak. Hulle is glad nie bang vir moue oprol en harde werk nie – of dit nou die mooimaak van die tuin is of die fondsinsamelings wat hulle al laas jaar begin het toe hulle besef hulle voertuig is nie meer so betroubaar nie. Hulle is nog nie by daardie doelwit wat nodig is vir die voertuig nie en wil ook nie sien dat water en ligte rekeninge daardie neseiertjie wegvreet nie.

Dankie aan ons vriende van SPAR vir die skenking van ‘n duisend rand se kruideniersware en vir ‘n anonieme borg se R5000 bydrae om die tekort van hierdie maand se uitgawes te dek!

René sê: “Ek hoop om die kinders eendag hier uit te stuur as warriors, niks hoef hulle terug te hou nie.
15 Mar 2019 4AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

Alzheimers SA

Jennifer Myburgh het met Marlene Freislich Hoof uitvoerende beampte van Alzheimers SA gesels oor Dimensie.
18 May 2023 9AM 17 min

FinFix Wenner

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
1 Sep 2022 7AM 7 min

Zander van der Westhuizen gesels met Jenna-Leigh Bilong oor vrouwees

Zander van der Westhuizen gesels met Jenna-Leigh Bilong oor vrouwees, die bediening en haar getuienis van “goedheid en guns”. Jenna-Leigh is bekend as radio persoonlikheid, televisie-nuusleser en nuwe aanbieder van die Die Groot Ontbyt. Luister gerus hoe sy vertel van haar rol as pastoor, ma, aanbieder, skrywer en sanger. Die…
15 Aug 2022 1AM 25 min

GrootPoot met Sonet - 9 Julie 2022 - Dr Yolandi Rautenbach

In GROOTpoot gesels ons met Dr Yolandi Rautenbach, senior lektor in patologie by die Onderstepoort Veearts-fakulteit en hoof van die Onderstepoort Bloedbank. Luister hier om meer uit te vind oor die onderskeie bloedgroepe in diere, en hoe jou troeteldier kan kwalifiseer om ‘n skenker te word.
9 Jul 2022 2AM 14 min