#JouMenseMyMense saam met SPAR

--:--
Flippie se oogoperasie

54 jarige Flippie Maré en sy vrou, Cornelia woon in Mountain View, Pretoria. Beide is werkloos en kry net die maandelikse R1700 SASSA ongeskiktheidstoelaag. Cornelia was in ‘n motorongeluk. Haar brein is besig om te verkalk en sy kry epileptiese aanvalle. Sy het ‘n vergrote hart en is in en uit die hospitaal. “Maar Flippie het my so nodig,” gesels sy terwyl ons span van GROOTfm 90.5 by hulle kuier.

Flippie is gesiggestremd. Hy het ‘n glas linkeroog en toe ons in einde laas jaar met vriende en familie soos Daleen Dew en Wilma van der Merwe begin gesels het, het Flippie se regteroog nog tussen 10 en 12% sig gehad. Dit het intussen drasties verswak en Flippie het nou slegs 6% sig in sy regteroog. Daleen en Wilma ken nie mekaar nie, maar het elkeen afsonderlik vir ons briefies gestuur. Hulle probeer verduidelik dat iets agter Flippie se oog losgeraak het na hy sy kop baie hard gestamp het. Die oog se lens is los en as gevolg daarvan skuif of beweeg die pupil rond. Die jellie in Flippie se oog lek ook uit.

As Flippie en Cornelia dokter toe moet gaan, stap hulle maklik 3 ure lank aan die 16km heen en weer om by Steve Biko Hospitaal uit te kom. Die busdiens is net te duur. Flippie moet dringend vir ‘n oogoperasie gaan. As die lens sou afkom, sal hy sy regteroog ook verloor. Steve Biko het vir Flippie gesê hulle kan niks vir hom doen nie. Die Ooginstituut waar hy al die jare gegaan het kan net katarakoperasies gratis doen. Die operasie wat hy nodig het, kos R100 000.
28 Feb 2019 6AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

Alzheimers SA

Jennifer Myburgh het met Marlene Freislich Hoof uitvoerende beampte van Alzheimers SA gesels oor Dimensie.
18 May 2023 9AM 17 min

FinFix Wenner

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
1 Sep 2022 7AM 7 min

Zander van der Westhuizen gesels met Jenna-Leigh Bilong oor vrouwees

Zander van der Westhuizen gesels met Jenna-Leigh Bilong oor vrouwees, die bediening en haar getuienis van “goedheid en guns”. Jenna-Leigh is bekend as radio persoonlikheid, televisie-nuusleser en nuwe aanbieder van die Die Groot Ontbyt. Luister gerus hoe sy vertel van haar rol as pastoor, ma, aanbieder, skrywer en sanger. Die…
15 Aug 2022 1AM 25 min

GrootPoot met Sonet - 9 Julie 2022 - Dr Yolandi Rautenbach

In GROOTpoot gesels ons met Dr Yolandi Rautenbach, senior lektor in patologie by die Onderstepoort Veearts-fakulteit en hoof van die Onderstepoort Bloedbank. Luister hier om meer uit te vind oor die onderskeie bloedgroepe in diere, en hoe jou troeteldier kan kwalifiseer om ‘n skenker te word.
9 Jul 2022 2AM 14 min