#JouMenseMyMense – 19 Februarie 2019 – Ons verras Naomi vir haar 21ste verjaarsdag!

Loading player...
Naomi, Ruben en Zoey se ma is 4 jaar gelede, op 4 Februarie 2015 oorlede aan ‘n beroerte. Die drie kinders is toe in pleegsorg geplaas waar hulle vir die laaste 4 jaar gebly het. Naomi was maar 16 jaar oud en alhoewel sy self baie swaar gekry het, het sy dadelik die rol van ma en versorger ingeneem met ‘n jonger boetie en sussie wat opkyk na haar vir raad en antwoorde wat sy nie altyd het nie…

“Naomi is ‘n baie sagte mens, met ‘n goeie hart en sy wil altyd almal help waar sy kan. Haar passie is om mense te help om God te leer ken.”

Dit was die woorde van Petrus van Wyngaardt, ‘n familievriend van Naomi se oom, Phillip Olivier wat vir ons ‘n briefie gestuur het. Petrus is blind en was jare lank ‘n berader by CRC. Toe hy in Januarie met Naomi by haar oom se huis gesels, het hy besef dat sy hulp nodig het.

“Ek vra nie dat julle vir Naomi geskenke moet gee nie. Maak net haar 21ste verjaarsdag vir haar spesiaal. Dit maak eintlik nie saak wat julle vir haar doen nie - glo my sy sal dit opreg wardeer.”
19 Feb 2019 6AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

Zander Van Der Westhuizen gesels met Zakhe Mazibuko

Zander Van Der Westhuizen het vanaand op die Gospelprogram met Zakhe Mazibuko gesels oor die werk van PEN in die middestad van Pretoria. Zakhe Mazibuko het ook sy ongelooflike getuienis gedeel en vertel wat hy glo is die oplossing vir misdaad in Suid Afrika.
28 Apr 2AM 32 min