#JouMenseMyMense – 19 Februarie 2019 – Ons verras Naomi vir haar 21ste verjaarsdag!

--:--
Naomi, Ruben en Zoey se ma is 4 jaar gelede, op 4 Februarie 2015 oorlede aan ‘n beroerte. Die drie kinders is toe in pleegsorg geplaas waar hulle vir die laaste 4 jaar gebly het. Naomi was maar 16 jaar oud en alhoewel sy self baie swaar gekry het, het sy dadelik die rol van ma en versorger ingeneem met ‘n jonger boetie en sussie wat opkyk na haar vir raad en antwoorde wat sy nie altyd het nie…

“Naomi is ‘n baie sagte mens, met ‘n goeie hart en sy wil altyd almal help waar sy kan. Haar passie is om mense te help om God te leer ken.”

Dit was die woorde van Petrus van Wyngaardt, ‘n familievriend van Naomi se oom, Phillip Olivier wat vir ons ‘n briefie gestuur het. Petrus is blind en was jare lank ‘n berader by CRC. Toe hy in Januarie met Naomi by haar oom se huis gesels, het hy besef dat sy hulp nodig het.

“Ek vra nie dat julle vir Naomi geskenke moet gee nie. Maak net haar 21ste verjaarsdag vir haar spesiaal. Dit maak eintlik nie saak wat julle vir haar doen nie - glo my sy sal dit opreg wardeer.”
19 Feb 2019 6AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

Alzheimers SA

Jennifer Myburgh het met Marlene Freislich Hoof uitvoerende beampte van Alzheimers SA gesels oor Dimensie.
18 May 2023 9AM 17 min

FinFix Wenner

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
1 Sep 2022 7AM 7 min

Zander van der Westhuizen gesels met Jenna-Leigh Bilong oor vrouwees

Zander van der Westhuizen gesels met Jenna-Leigh Bilong oor vrouwees, die bediening en haar getuienis van “goedheid en guns”. Jenna-Leigh is bekend as radio persoonlikheid, televisie-nuusleser en nuwe aanbieder van die Die Groot Ontbyt. Luister gerus hoe sy vertel van haar rol as pastoor, ma, aanbieder, skrywer en sanger. Die…
15 Aug 2022 1AM 25 min

GrootPoot met Sonet - 9 Julie 2022 - Dr Yolandi Rautenbach

In GROOTpoot gesels ons met Dr Yolandi Rautenbach, senior lektor in patologie by die Onderstepoort Veearts-fakulteit en hoof van die Onderstepoort Bloedbank. Luister hier om meer uit te vind oor die onderskeie bloedgroepe in diere, en hoe jou troeteldier kan kwalifiseer om ‘n skenker te word.
9 Jul 2022 2AM 14 min