Franna Benade kuier in Gister Se Grotes

--:--
‘n Mens kan amper nie die sangpaar Innes en Franna se name apart in ‘n sin noem nie. Hierdie twee broers wat in ’85 die ATKV Crescendo-kompetisie gewen het, het ook in ’87 met die louere weggestap in die Debuut televisie-kompetisie. Kort daarna het hulle eerste album, Ek Weet Ek Kan, verskyn. Hierop verskyn die twee liedjies, Pretoria en By My Vanaand, wat hul tydens Debuut gesing het. Saam het Innes en Franna die land platgetoer en talle langspeelplate in die vorm van ligte Afrikaanse musiek uitgereik. Maar ‘n mens vergeet soms dat hulle ook kunstenaars en mense in eie reg is, elk met hul eie manier van doen en dink.
30 Sep 2018 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes