#JouMenseMyMense – 28 Augustus 2018 – Luitenant-Kolonel Larrie Swanepoel

--:--
Vir hierdie #JouMenseMyMense het ons by die Life Groenkloof Hospitaal gaan kuier waar Luitenant-Kolonel La-Rochelle Swanepoel, of in die militêre-omgewing, meer bekend as Larrie Swanepoel, weer Maandagaand 26 Augustus, opgeneem is.

Kolonel Swanepoel is al 35 jaar en 236 dae in die Suid-Afrikaanse Polisie Diens – ‘n leeftyd! Die afgelope 11 jaar by Lyttleton Polisiestasie met net so een jaar tussen-in waar sy by Brooklyn Polisiestasie gedien het. Sy het die grootste gedeelte van haar loopbaan by die Finansiële Afdeling van die Polisie gewerk, asook operasioneel en dien op verskeie komitees. Sy is ‘n leier en voorloper by wie haar kollegas baie kan leer. Sy is streng, maar regverdig en het al verskeie medaljes in die Suid-Afrikaanse polisie verwerf, waarvan haar 30 jarige dienstoekenning die jongste is!

Kolonel Swanepoel was getroud, maar haar man en ook haar seun is lank gelede oorlede. Nou woon La-Rochelle (Larrie) en haar dogter, La-Rochelle en haar twee pragtige kinders (hierdie ouma se kleinkinders) Hanro en kleindogter La-Rochelle in La-Rochelle straat in Centurion.

Gedurende 2016 is sy gediagnoseer met kanker. Hierdie “kursus” het haar die afgelope 2 jaar deur veelvuldige uitdagings geneem en haar familie en kollegas voel die pyn van haar geweldige lyding saam met haar. Sommer ‘n hele groep van haar kollegas het saam met ons gaan inloer: Kaptein Elize Nel, Ds Norman Mazibuko, Annelize Truscott, Barbara van der Merwe en Johannes Zulu. En ons vriende van SPAR het gesorg vir ‘n bossie blomme vir hierdie hospitaalbesoek...
28 Aug 2018 9AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

Alzheimers SA

Jennifer Myburgh het met Marlene Freislich Hoof uitvoerende beampte van Alzheimers SA gesels oor Dimensie.
18 May 2023 9AM 17 min

FinFix Wenner

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
1 Sep 2022 7AM 7 min

Zander van der Westhuizen gesels met Jenna-Leigh Bilong oor vrouwees

Zander van der Westhuizen gesels met Jenna-Leigh Bilong oor vrouwees, die bediening en haar getuienis van “goedheid en guns”. Jenna-Leigh is bekend as radio persoonlikheid, televisie-nuusleser en nuwe aanbieder van die Die Groot Ontbyt. Luister gerus hoe sy vertel van haar rol as pastoor, ma, aanbieder, skrywer en sanger. Die…
15 Aug 2022 1AM 25 min

GrootPoot met Sonet - 9 Julie 2022 - Dr Yolandi Rautenbach

In GROOTpoot gesels ons met Dr Yolandi Rautenbach, senior lektor in patologie by die Onderstepoort Veearts-fakulteit en hoof van die Onderstepoort Bloedbank. Luister hier om meer uit te vind oor die onderskeie bloedgroepe in diere, en hoe jou troeteldier kan kwalifiseer om ‘n skenker te word.
9 Jul 2022 2AM 14 min