#JouMenseMyMense 14 Augustus 2018 – Bronwyn Patterson

--:--
Bronwyn Patterson was 10 jaar oud toe ‘n opvoedkundige sielkundige haar eintlik moes toets vir ADHD, maar besef het dis iets anders wat haar onrustig maak in die klas. Sy is gediagnoseer met kroniese nierversaking - ongelukkig omdat geen ander dokter die blaaskondisie waarmee sy gebore is, opgetel het nie en dit haar niere oor al die jare onherstelbaar beskadig het.

In 2015 het Bronwyn se niere finaal ingegee. Dit het 90 dae geneem om haar te stabiliseer voor hulle met ‘n noodoperasie die dialise kateder kon insit. Dit was ‘n baie donker tyd in hulle gesin se lewe. Bronwyn se ouers is geskei toe sy nog klein was. Ma Cathy was onverwags weer swanger en hulle moes 3 keer in minder as 2 maande trek. Die masjien het hulle die op en af ryery na die hospitaal gespaar, maar Bronwyn was seer, moeg en slaperig en kon nie ver of vinnig loop nie. Sy kon ook nie langer na ‘n gewone skool toe gaan nie.

Na die masjien nie meer so effektief gewerk het nie en die katederpyp in haar maag al ‘n paar keer geskuif is met verskillende operasies waarvan haar ma al telling verloor het, moes hulle dit verwyder aan die begin van die jaar. Sy is 3 keer ‘n week in die hospitaal vir dialise terwyl sy wag vir ‘n nierskenking. Ongelukkig is nie haar ma, pa of halfbroer geskikte skenkers nie.

Maar 17-jarige Bronwyn het vrede gemaak met haar lewe. Ja, sy is afgesonder en met tye baie eensaam, maar as sy ‘n afdag kry, bons sy vinnig terug. Tussen google en haar werkende ma se ondersteuning, werk sy self deur haar tuisonderrig materiaal. Sy is totaal onafhanklik, innerlik sterk, slim en snaaks, ‘n inspirasie vir haar ma en kleinsus Chanté (3) en loop ‘n nou pad met God. Sy droom om eendag sjef te word, maak elke aand kos vir hulle gesin en kyk kookprogramme soos ander tieners musiekprogramme sal kyk, behalwe as Brendan Peyper se six pack verby kom – dan sal sy die kanaal verander! Hulle gesin het baie uitdagings, maar soos Cathy sê: “Ons kies om een dag op ‘n slag te fokus op ons seëninge.”
14 Aug 2018 6AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

Alzheimers SA

Jennifer Myburgh het met Marlene Freislich Hoof uitvoerende beampte van Alzheimers SA gesels oor Dimensie.
18 May 2023 9AM 17 min

FinFix Wenner

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
1 Sep 2022 7AM 7 min

Zander van der Westhuizen gesels met Jenna-Leigh Bilong oor vrouwees

Zander van der Westhuizen gesels met Jenna-Leigh Bilong oor vrouwees, die bediening en haar getuienis van “goedheid en guns”. Jenna-Leigh is bekend as radio persoonlikheid, televisie-nuusleser en nuwe aanbieder van die Die Groot Ontbyt. Luister gerus hoe sy vertel van haar rol as pastoor, ma, aanbieder, skrywer en sanger. Die…
15 Aug 2022 1AM 25 min

GrootPoot met Sonet - 9 Julie 2022 - Dr Yolandi Rautenbach

In GROOTpoot gesels ons met Dr Yolandi Rautenbach, senior lektor in patologie by die Onderstepoort Veearts-fakulteit en hoof van die Onderstepoort Bloedbank. Luister hier om meer uit te vind oor die onderskeie bloedgroepe in diere, en hoe jou troeteldier kan kwalifiseer om ‘n skenker te word.
9 Jul 2022 2AM 14 min