#JouMenseMyMense #handsakvolliefde 24 Julie 2018

Loading player...
GROOTfm 90.5 het op 23 Julie ons #handsakvolliefde Vrouedagprojek saam met voormalige Mev. Suid-Afrika, Lynne de Jager, Bella Tydskrif en Menlopret afgeskop. Ons maak handsakke bymekaar wat ons volmaak met “liefde” in die vorm van shampoo, ‘n sepie en ‘n waslap, tandepasta, ‘n tandeborsel en roll on en - as jy wil - dalk ‘n ekstra bietjie liefde van lip ice, kougom, sneesdoekies, ‘n haarborsel of kam en ‘n hangertjie of serp!

Ons eerste mikpunt is om 100 handsakke te pak wat ons op 7 Augustus tydens ‘n lekker koek-en-tee kuier saam met die mammas van Booysens Beertjies Kleuterskool in Pretoria-Wes sal uitdeel! Retha Ingenbleek van SPAR Northrand het sommer dadelik 100 opknappers en 100 onderarmrolle te waarde van R5000 geskenk plus Lindie Strydom het by Monumentpark Superspar gaan kyk hoeveel hierdie 10 items sal kos as jy ‘n handsak sou pak!
24 Jul 2018 6AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

Zander Van Der Westhuizen gesels met Zakhe Mazibuko

Zander Van Der Westhuizen het vanaand op die Gospelprogram met Zakhe Mazibuko gesels oor die werk van PEN in die middestad van Pretoria. Zakhe Mazibuko het ook sy ongelooflike getuienis gedeel en vertel wat hy glo is die oplossing vir misdaad in Suid Afrika.
28 Apr 2AM 32 min