#JouMenseMyMense

--:--
Annerike Heyneke (9) van Laerskool Menlopark het tydens een van die landloopwedlope waaraan sy deelgeneem het, raakgesien dat daar atlete saam met haar hardloop wat nie een tekkies het nie. Hulle het nie eers ‘n stel klere van hulle eie gehad nie en moes tussen die hardloopitems die gehawende en flenter klere uittrek om vir die volgende een aan te gee.

Dit is ‘n groep van 65 atlete van Modiba Olieven Atletiekklub in Olievenhoutbosch. Hulle word deur David Modiba afgerig wat 15 jaar gelede die klub geregistreer het. Toe hulle bietjie uitvra, het David vir Annerike en haar ma, Aneli vertel dat baie van hierdie behoeftige atlete Maandag tot Vrydag elke middag getrou kom oefen net omdat hy vir hulle kos gee by die oefening.

So begin Annerike haar “Tekkie Buddies” projek om vir hierdie atlete tekkies in te samel, want sy wil sien dat hulle net so voluit kan deelneem aan die sport wat sy so geniet. Sy kon al 50 pare tekkies insamel en het by die laaste byeenkoms vir 30 atlete hulle inskrywingsfooie en vervoer betaal en ook ‘n kospakkie gegee met geld wat sy al ingesamel het.

Intussen het Annerike en 27 van David se atlete die Gauteng-Noord landloopspan gehaal wat nou Saterdag, 16 Junie, op Jeugdag in Zeerust gaan deelneem aan die Interprovinsiale byeenkoms.

Danksy ons vriende van SPAR en spesifiek Jacques van Monumentpark SuperSPAR, kon ons vanoggend vir elkeen van die atlete ‘n cool bag met padkos gee vir die naweek se reis na Zeerust ter waarde van R2800! En as deel van ons #blikkiesenbaadjies Winterprojek, kon ons, met komplimente van Christien van den Berg van Cotton dot Co, vir elkeen van David se 65 atlete ‘n splinternuwe baadjie skenk ter waarde van R14 500!

#Jeugdag #FindYourWingz
12 Jun 2018 8AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

Alzheimers SA

Jennifer Myburgh het met Marlene Freislich Hoof uitvoerende beampte van Alzheimers SA gesels oor Dimensie.
18 May 2023 9AM 17 min

FinFix Wenner

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
1 Sep 2022 7AM 7 min

Zander van der Westhuizen gesels met Jenna-Leigh Bilong oor vrouwees

Zander van der Westhuizen gesels met Jenna-Leigh Bilong oor vrouwees, die bediening en haar getuienis van “goedheid en guns”. Jenna-Leigh is bekend as radio persoonlikheid, televisie-nuusleser en nuwe aanbieder van die Die Groot Ontbyt. Luister gerus hoe sy vertel van haar rol as pastoor, ma, aanbieder, skrywer en sanger. Die…
15 Aug 2022 1AM 25 min

GrootPoot met Sonet - 9 Julie 2022 - Dr Yolandi Rautenbach

In GROOTpoot gesels ons met Dr Yolandi Rautenbach, senior lektor in patologie by die Onderstepoort Veearts-fakulteit en hoof van die Onderstepoort Bloedbank. Luister hier om meer uit te vind oor die onderskeie bloedgroepe in diere, en hoe jou troeteldier kan kwalifiseer om ‘n skenker te word.
9 Jul 2022 2AM 14 min