4 May BOEKKLUB: RAY KLUUN, DIE ONWILLIGE SUPERSTER

In gesprek met: Francois Smith.
Moontlik gemaak deur SASNEV.
Dit sit nie in enigeen se broek om 1,2
miljoen eksemplare van ’n boek te verkoop
nie. Te meer as dit jou debuut is en jy
dit eintlik geskryf het om skuld en rou
op papier uit te stort. Dis die storie van
Raymond van de Klundert, kortweg Ray
Kluun, of net Kluun, ’n kultusfiguur in
Nederlandse skrywerskringe. Komt een
vrouw bij de dokter van 2003, in Engels
vertaal as Love Life, was ’n fiktiewe
weergawe van sy ervaring as ’n jong man
wat sy vrou se terminale siekte net kon
verwerk deur haar te verneuk. Sy jongste
roman is DJ. Francois vra hom uit.
Loading player...