#JouMenseMyMense saam met SPAR – Caden met Prader-Willi Sindroom

Loading player...
#JouMenseMyMense saam met SPAR – Caden met Prader-Willi Sindroom

10 jarige Caden Benjamin van Standerton in Mpumalanga het ‘n baie raar, dodelike en ongeneeslike genetiese afwyking wat bekend staan as Prader-Willi Sindroom. Dit het sy kort lewe tot dusver absoluut oorheers wat dit vir hom moeilik maak om vriende te maak en ‘n normale kinderlewe te geniet.

Caden se ma Zola, moes haar werk waar sy 2de handse klere verkoop, opgee om 24 uur van die dag vir haar seun te sorg. Caden se pa is weg nog voor hy gebore is. Die enigste inkomste vir hierdie enkelma is Caden se R1500 toelaag van die regering en soms ‘n donasie van ‘n vreemdeling. Caden het elke dag suurstof nodig en eintlik ook ‘n portable suurstofmasjien aangesien Standerton gereeld lang stukke sonder krag is.

Caden se gespesialiseerde mediese behoeftes het ‘n groot druk op hulle gesin geplaas waar hulle reeds nie ‘n mediesefonds kan bekostig nie. Caden is soms net eenvoudig nie mobiel genoeg om na die hospitaal te gaan nie en moet die dokter hom dan by die huis kom sien. Sy ma moet konstant bedel vir hulp om na hom om te sien…
6 Mar 2018 3AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

Zander Van Der Westhuizen gesels met Zakhe Mazibuko

Zander Van Der Westhuizen het vanaand op die Gospelprogram met Zakhe Mazibuko gesels oor die werk van PEN in die middestad van Pretoria. Zakhe Mazibuko het ook sy ongelooflike getuienis gedeel en vertel wat hy glo is die oplossing vir misdaad in Suid Afrika.
28 Apr 2AM 32 min