#SlatDiePad Inspirasie

--:--
Ruben Delmage #SlatDiePad huis toe, weeksmiddae tussen 15:00 – 18:00. Ruben is 'n trotse Bloubul, gemaklik in sy vel en sien altyd kans om te lag oor ‘n “lame” grappie. Hy maak jou pad huis toe elke weeksmiddag lig en vrolik, met inspirasie en ‘n tikkie nostalgie. As jy nog nie ‘n vuur aangesteek het teen die tyd wat jy inskakel op Ruben Delmage se #SlatDiePad nie, gaan jy beslis teen die einde van sy program al ‘n vleisie braai... Da’ vat hy! Dit is onaanvaarbaar om nie in te skakel wanneer Ruben op die lug is nie!
Draai daai radio se knop en #TjoenIn!
9 May 2017 English South Africa Technology

Other recent episodes

Marieke en Eugene Erasmus - Kids in action - Cemetary Care.

Marieke en Eugene Erasmus het saam met Ma Charmaine Erasmus die Hartbeespoort Begraafplaas besoek en was so bedroef om die grafte in so 'n toestand te sien. Hulle het toe net daar en dan besluit om 'n besigheid te begin op so jong ouderdom. Luister gerus weer hier na die…
19 Mar 2021 14 min

#SlatDiePad Francis Cloete red Estelle en drie kinders se lewe

Francis Cloete het sy storie met ons kom deel oor hoe hy in 1988 onverwags Estelle en haar drie kinders se lewe moes red. Hy het hierdie jaar, 34 jaar later, uitgereik en vir Estelle probeer opspoor. Estelle het ook by ons aangesluit in die ateljee met 'n boodskap vir…
12 Feb 2021 29 min

#SlatDiePad Jarelange verneukery - Hoe vergewe jy?

Russel en Sanet Fagan het op #SlatDiePad by Ruben Delmage en Nina Coetzer 'n draai kom maak om te gesels oor hoe Sanet vir Russell moes vergewe na jarelange verneukery... Luister gerus weer hierna.
8 Dec 2020 34 min

#SlatDiePad HUB van Atterbury - Armond Boshoff

HUB van die Atterbury groep - Armond Boshoff het op #SlatDiePad by Ruben en Nina kom inloer om te gesels oor die splinternuwe Castle Gate sentrum wat Donderdag 26 November sy deure oopmaak. Luister gerus weer hier na die onderhoud.
26 Nov 2020 25 min