
Terug met 'n twist: Whaden Johannes gesels oor Jonty in Skemergrond
Loading player...
Van Arendsvlei tot Skemergrond! Whaden Johannes is terug op die kassie as Jonty Fortuin. Hy gesels oor om in Jonty se skoene te klim, die band met sy TV-gesin Ettienne Gerste en Kim Syster, en die drama wat nog by die Fortuins aan die broei is. Skemergrond is Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET & kie (DStv-kanaal 145). Dit is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

