
Bizskoops - 26 November 2026
Loading player...
Op Bizskoops vandag: Ons kyk na die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se verskerpte ondersoek na belastingbetalers se bankrekeninge en bespreek die finansiële uitdagings waarmee pasverkose raadslede ná die onlangse plaaslike regeringsverkiesings te kampe het. Die ekonoom professor Waldo Krugell lewer kommentaar op die waarde van KI-maatskappye, terwyl ons internasionale sake-opdatering fokus op Nvidia-hoof uitvoerende beampte Jensen Huang se terugkeer na die tegnologiereus. Pieter Wasserfall van JustMoney ontleed die bevindinge van die 2026 Money & Me-opname. En ons gesels met Samantha Skyring van Oryx Desert Salt oor volhoubare soutontginning in die Kalahari. Sy deel waardevolle sake-insigte en blik terug op haar reis – van die stigting van die onderneming tot die uitbou daarvan tot 'n internasionale uitvoerder.

